Huistoe
‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg aronskelke blom nie meer hier nie die blou lug hang in dik wit wolke aan die hemelruim se wange ek kyk oor die vallei Hadida’s steel die stiltes mense kom en gaan woelig party bly te lank ander slaap net oor en soms sterf iemand hier […]
In Ocean Basket (SILWER)
In Ocean Basket Sushi is vis. Dood en rou. So ook jy en my verlange na jou. Ek eet alleen aan die groen goed met die naam wat ek altyd vergeet. Dit slaan my asem weg en brand ‘n pad af in my keel: amper so intens as die seer om te weet dat ek […]
Wou (SILWER)
Wou ek sou jou graag wou liefhê ek’s spyt om dit nou kras te sê ons was vir mekaar bloot nodig (dit besef ek nou – t’rugwerkend gebeskou) so trane is oorbodig nou wat jy finaal jou rug draai op wat ons saam gesaai (én saam verdraai) het net (gun my dit tog maar sê) […]
In die kring van sy arms. (BRONS)
In die kring van sy arms. Die vuur dans vrolik in die kaggel waar ons aan die ou bekende familietafel sit. Gesellige musiek speel sag in die agtergrond en my hart klop warm as ek na die gesigte van my man en seun kyk. Alles lyk so normaal dat ek vir die oomblik nie wil […]
Die waarde van vrouwees (Silwer)
So baie mans kla oor hulle vrouens, maar besef nie dat sy die produk is van wat hy (sy liefde / sy houding / sy gedrag) van haar maak nie. Ons vroue is inherent sag, vriendelik en liefdevol, maar boeta, vryf ons verkeerd op en jy gaan vir seker die vonke sien spat. ‘n Vrou […]
SINTUIGLIKE LIEFDE (Brons)
SINTUIGLIKE LIEFDE (Brons) gedurende my tienermeisie jeugdigheid het ek jou beeld se hitte deur my liggaam hoor fluit flikkerdans vonk nou giggelgeel vlam is dit ‘n vuur binne my wat nooit ophou brand ruik ek die geur van jou mansparfuum of jou sweet as jy langs my lê, ons intiem ek proe die reuk van […]
BRANDENDE BEKORING (Brons)
BRANDENDE BEKORING (Brons) terwyl jy my met jou innerlike bekoor en jou vlees vleiend vloeiend met my kom toor net soos branders woed in groot blou see kan ek met passie-dans my salig sag tussen lakens verloor onverwags deur jou gered uit kloue van weë met jou menslike aard en figuur gee my vrese mee […]
TOEGANG VOORBEHOU (goud)
Laat jou sluier val as middelaar tot my lyftaal laat ek verse oor jou ploeg oor die naak velde van jou oorbegroeide gedagtes laat my toe om in jou binnekamer te dans die warme weerstand van jou duistenis te betas laat my liggelowig langs jou sit in die stilte van jou wreedste storm omnagtelik die […]
WRAAK MY LIEFDE (SILWER)
Die konsep van liefde word totaal misverstaan. Of laat ek liewer sê: meestal verkeerd geȉnterpreteer deur meeste mense. Dalk is dit net ‘n kwessie van verskillende opinies oor die uitvoer daarvan, maar hoe dit ookal sy, liefde is nie ‘n teorie nie, dis ‘n daad. Hoe baiekeer hoor mens nie Sê dit met liefde in […]
Liefdesvloed
trek oop die sluise van jare se retensie sodat bruisend kan tier ‘n liefdesvloed meesleurend in ekstase na onbekende loop om jare se hegtenis sielvol te ontsluit sodat droë beddings versadig kan word met ongekende behae my verhef tot najade en ek stil, tevrede meandries weg kan vind na gedeë spoeling vir vredevolle sielsrus ©Driekie […]