Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 6
Hoofstuk 6 – Dertig Dae se Vryheid Soos die nuus rakende die nuwe dokter versprei, kom die mense van die gemeenskap vir behandeling by die kliniek en Zuluika se dae word voller en voller, en sy word een met haar werk, haar personeel, haar omstandighede, en die wete is in haar, vir eers is sy […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 5
Hoofstuk 5 – Bekendheid in die Chaos Met die instap in die teater se opwaskamer, is die teater suster gereed met die jas, en sy stap in hom in asof hulle dit al tevore saam gedoen het. Die bekende skrop roetine bring die gevoel van, ‘dit is hier waar ek wil wees’, terug in haar […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 4
Hoofstuk 4 – Wêreld Sonder Geheue Zuluika gaan deur die ure van die lang vlug met verligting, elke uur is ʼn uur verder weg van die verlede, en nader aan die moontlikheid om weer nuut te begin. Sy lees nie, sy kyk nie televisie nie, haar gedagtes loop lang paaie, seer paaie, maar ook vreugdevolle […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 3
Hoofstuk 3 – Hoe Vryheid Voel Die weersien, die vashou, die trane van liefde van hulle wat haar en Rudolph so liefgehad het, is so ver weg van wat Zuluika ken, sy weet, hier is mense wat haar so lief soos hulle eie kind het, altyd gehad het, en ʼn ou hartseer krap aan haar. […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 2
Hoofstuk 2 – Hoe Vreemd die Oopte Hulle ry in stilte na die Unitas Hospitaal, Zuluika voel die opgewondenheid in haar om Laurie Kilber te sien, en die liefde vir haar ‘suster’, wat sy gevoel het, van die oomblik toe sy haar ʼn leeftyd gelede op Louis Olivier se plaas ontmoet het, is in haar. […]
Minjonet
Minjonet Kom in die aand en geniet die bos se geure soos ‘n naakfiguur met sy nagtelike gebeure tussen Nangka takke vol vrugte van blydskap drink ons met oëtaal van verliefdes aan mekaar se vonkelsap elke geluid neurie ‘n boodskap van die alwetende God nuanse van kleure in skemersongenot tussen-deur versnappering skink blye verrassing bederf […]
Gesalfde Liefde
Gesalfde Liefde Die dag as ‘n wens jou hart oorrompel jou hunkersnare in salwingsolie dompel wanneer vier oë lugkastele bou kontinente nie wat bedoel is uitmekaar kan hou waar die Heilige Gees gevoelvol aanraak terwyl wanhoop middeldeur in flarde kraak wanneer Sy visioenskynsel weerkaats die skaduwees van twee pasmaats waar drome ontnugter uit sluimergeslaap die […]
Buig jou knie en vra Silwer
Buig jou knie en vra. Wanneer buig jy die knie? Wanneer jy oorgee of wanneer jy nederig is? Of bloot net omdat jy daardie groot vraag wil vra? Daardie vraag wat vele dames se harte week maak. Die tradisie van knie buig wanneer ‘n man ‘n meisie om haar hand vra, dateer moontlik uit die […]
Genesis (SILWER)
Genesis Ek wou eens my geloof opsê: toe jy as ster verskiet, my aarde onherstelbaar kantel, die wêreld in sy kern krummel en lawastrome vastigheid versmelt tot vormlose plate koue klip. Maar ek’t besef ek kan nie: hierdie breinlose bondel eensellige niks gaan nie evoleer uit die chaos om as sterkere te oorwin en morfologies […]