GENOOIDE GAS (goud)
Die tafel staan gedek skarlakenrooi tafeldoek met ‘n witkant oorhangsel swart kerse weerskante toonkleurige lapservette en silwer messegoed netjies langs die borde op die plekmatjies gepak gebakte skaapboud, stomende aartappels ‘n driemaal slaai en ander opgedisde geregte sy sit aan kyk na die muurklok vat solank ‘n slukkie wyn en wag vir die laaste maal […]
Troudag (Silwer)
ek hou vir jou ‘n boesemblom diep hier in jou wegloopkis vol verskans teen windverlange hoopvol in haar soekerus soos rooiwyn in ‘n vaatjie lê wag blomkind hier vir jou al mooier elke wegblyjaar vir die dag wat jy kom trou A Fourie (Seirdna) 2020.12.10
Liefdeslas (BRONS)
Een Korinthiërs dertien teen jou yskas as aanklag van die liefdeslas: teen jou selfkastydende standaard staan hul liefde wat in misbruik ontaard. Ek is bly jy is hier. Kom, ek skink jou nog ‘n bier. Ek glo ons sal die liefde en hoop kan verdrink voordat jy loop. Een Korinthiërs dertien wys wat vals is: […]
TRONKBEWONERS
Ek het al ‘n vensterbank verprent geswem op verbode plekke vreemde lande besoek in die volmaan verdrink. Ek het al my ma se hand vasgehou toe nie een van ons woorde gehad het nie selfs my vryheid prysgegee uitbundig gelag tot die trane spat ‘n vriendin begrawe ‘n baba aan die slaap gesing my hond […]
Niemandaland
Vat my weg saam met jou sodat ek nie van binne hoef te sterf nie vat my na vreemde plekke in jou arms en laat my hang aan jou warm lippe vat my terug na tuine vol tinktinkies swaaie wat wolkver kan strek of naamlose plekke soos dié waar koplewe ‘n revolusie raak vat my […]
VERSTENGELDE PALET
naby die houtbankie in die park, dáár het jy vir my ’n toorbos geplant en jou glimlag het die bome laat bot terwyl die wind uitbundig blare tart in die duiwe se kir is jou naam gespel en tussen die boomblare het die son soos blokkiesglas geflenter en stom jou naam geroep jou kreukelhande het […]
JY IS DIE ROOI VAN MY KANNABOS
soggens met songroet as ek my van jou moet speen sien ek die uitspansel in jou oë ontkiem wanneer jóú hande reeds reikhalsend na die strepiesmaan agter die newels reik maar dis jou kyk wat my inkatrol na daar waar die kannabos bloedrooi blom © Anzé Bezuidenhout
Die genot van ‘n kykpartytjie (Brons)
Vanoggend was die sonsopkoms vir my asemrowend mooi en dit het my ver laat terugdink aan ons kinderjare op Oupa en Ouma se plaas. In tye van afsondering dwaal mens se gedagtes nogal baie terug na die ou dae, die dae van ware vryheid en dit hou mens aan die gang. Vir meeste van ons […]
Eenheid van ons (Brons)
Knus in jou omhelsing vorm ek myself teen die aambeeld van jou warm lyf, waar ons tussen stiltes lang gesprekke voer, sonder woorde, sonder stem. In ons eenheid is woorde oorbodig want met ons koesterende liefde het ons ewige samesyn
Die kersboom van my hart
“Dolverlief,” het my ma gesê toe ons saam onder die sterre lê … die knusheid van ons samesyn broei herinnering in my gemoed van soel somersdae se luilekker ontspan op die stoep oor jare het ons vermeerder ‘n kroos van drie plus sewe vrolike familiekuiers om die kerstafel met kinderlag besprinkel ons lewe vir niks […]