Aandete, ontbyt en ander seëninge..
Jy hoor net potte en panne in die kombuis, ouma is besig om ‘n feesmaal te kook. Jou pens gorrel van die heerlike reuke wat in die woonstel hang, ja dit is ‘n gegeurde rook, as jy van die werk af kom en jy ruik dit, weet jy versker, jy is tuis. Vinnig loop jy […]
Waarvoor sou ons Lééf ..
Sonder liefde in die lewe, hoe aaklig sou die nie wees. As ons foute maak, leer ons om te vergewe, maar gaan ons die foute werklik vergeet? Sê nou ons vergeet die foute, waaruit sal ons dan leer. Sonder om dit te onthou, dan sê ons weer, “ek bly altyd lief vir jou.” As daar […]
Met skewe woorde …
Jy’t in my lewe verskyn, sonder dat ek dit verwag. Met skewe woorde my hart gesteel, ons het baie pêrel oomblikke gedeel, elke liewe dag, en toe op ‘n dag het jy verdwyn. Daai skewe woorde was toe al die tyd leuens, iemand anders se ring het jy to aanvaar. Jy het met ‘n ander […]
Die hemel weet hoe lief ek is vir jou
Huppeltjie, trippeltjie, druppeltjie dou, die hemel weet hoe lief ek is vir jou. Want waneer ek hartseer is vertroos jy my, waneer ek na familie verlang weet ek jy is altyd naby. Jou oë vertel vir my ‘n verhaal van altyd saam wees, ek is altyd daar vir jou in liggaam en in gees. Waneer […]
Maak oop jou hart se deur sodat jy van vooraf kan leer…
Liefde bedek die hart se seerste wonde, wanneer jy weer liefde vind na ‘n seer tyd, is dit beslis ‘n baie goeie besluit, om weer iemand met jou hart te vertrou, en weer vir iemand te sê:” ek is lief vir jou.” Dit gebeur nie sommer net vinnig nie, want mens moet van vooraf leer […]
Meisiekinders van my Hart
Blou oog, bruin oog glimlag vier ogies vir my, in die fleur van jul lewe, staar jul deur my laptop na my, en verrassend lief ek julle keer op keer. ‘n Moederhart sing van plesier, want gebede het waar geword. Eens in verhoudings verstrengel, raak gebede die toppunt van my lewe. Blou oog pragtig, verras […]
Seebries in die Wind
Skemeraand hier op die strand, ver verlange le my gemoed, want eens was hy daar, maar hier is net gedagtes oor. Tyd vir aangaan, al is die pad onbekend, Een ding is verseker, God is hier saam met my. Onbekend loop ek my vas, in dit wat teen my beginsels is, gou moet ek my […]
Jy is dit alles en meer
Jy is die doudruppel- biggel in my vreugdebestaan die aanvang en einde van volkome verstaan elk suiwer silwer-noot op hartsnaar se kitaar – waar jou harmonie sag tril in ‘n simfonie Jy is die reënboogpot vol neon-kleurgenot wat in sagte pastel sy eie storie vertel die aand-stêr se flikflooi in silwer sterrestof getooi elk liewe […]
Amber Liefde
Roes rooi vertoon ons as ons val van bome van die hart As ons wankel in ons ruimtes onmeetlik so vol van smart. As die son goud drup oor die vlakte en die gras waai soos golwe prag Tot wanneer herfs knip oog vir die winter Sal ek op jou wag. ”Amber rus ons liefde, […]
Woorde op ‘n servet
Katryn klap die veiligheidshek toe. Sy woorde hang in die lug, sy’t hulle gehoor, maar sy gaan nie hier staan dat hulle by haar ore verby kan seil in haar hart in nie. Sy stoot die voordeur toe en sien deur die venster sy gesig agter die tralies van die veiligheidshek. Hy bly staan, maar […]