Onreg kweek verset
wanneer onreg grou flets en saad skiet in brak grond deurskemer bitter belet verwronge denke tot duister verset sonskynspatsels vervaag vars onthou en weeklaag rou die siel se bitter lot met opstand in eensame berou ©Driekie Grobler
Resensie: Die rolprent MONSIEUR LAZHAR
MONSIEUR LAZHAR, die film Op ‘n Donderdag gedurende die groot pouse hang ‘n onderwyseres haarself in haar klaskamer aan haar blou serp op. In die hoofstad van Quebec, Montreal (sê ,Mong-reál’ of,Mô-reaal’). Die elfjarige seuntjie wat melkdiens het, sien haar deur die glasvenster van die geslote deur en alarmeer dadelik die onderwysers, wat noodmaatreëls tref. […]
Verlore tyd
Verlore tyd Water druppels lê tussen die stof voetspore op die houtvloer. ʼn Snik ruk deur Antjies se reeds seer bors. Die koevert wat sy vasdruk teen haar bors is opgefrommel van emosie, Sy hou dit vas soos ʼn kleinnood. Hoekom? Hoekom het hy dit nie vir haar gestuur nie? Sy vou die brief vir […]
Satans vuur
Satans vuur Satan se gryse vuur brand my siel. Sal ek dit kan verduur? Hoe kan ek my so verniel? Die ondraaglike gekraak van bene wat versplinter. Hoe koester ek wraak oor die mense se gefluister! In skaamte sak my kop alles wel verdiend. Gal stoot op in my krop, nooit sal hy wees my […]
Pandora Box
Pandoras Box (Flentertjies) Amanda is nie lus vir die plek vanaand nie. Klein Nellie is juis so siek en nou het sy nie keuse gehad om haar by ou tannie San te los nie. Ag Here kon my lewe nie anders gewees het nie? Tan San dink sy werk by ‘n bar as ‘n barlady. […]
laatlente
te lank was jy ‘n wurm kruipende voor hom gehang aan ‘n spindraad papie verstrik in ‘n kokon te lank was ons ontsiendes gesus in ons winterslaap ons ore horende doof om jou kreet te hoor jy was geslaan met stomheid maar nou is dit jou tyd dat lente ook vir jou sal kom monumente […]
Die aanstaan van geweld
Oë geplak met pleisters vol stof monde opgekrul sonder tong die lang kronkel slang sluk ons in; almal staar,staar na die martelaar net om wéér gemartel té word. Blits donder die sekondes oor die vasgevange kuikens elke vrou en kind is teikens die martelaar lag vir die balju; Kerk toe meneer,ag nóg ‘n keer! Brand […]
Bos van Nagmerries
Dit is soos ‘n herinnering aan ‘n droom. Maar die hout splinters wat in my arm brand, belowe dat dit regtig is. Pyle flits verby en in die bome rondom my ingebed – byna mis wat bedoel was om dood te maak. Nog ‘n projektiel kom naby verby, net my bene wat onder my ingegee […]
Deel 2 Toksiese verhoudings is stille sluipers van die nag.
My droom vir Diamant Divas. Dit is my hartsbegeerte om Diva huis te begin. Hoe meer ek met vrouens te doen kry wat hul eie stryd stry hoe groter groei die begeerte. Ek sien ‘n plek waar heen ‘n vrou kan gaan om genesing te ontvang. Mense wat bereid is om haar aan die hand […]