Ewenaar van ons dink
soos ‘n brandsiek koud-kry brak kom huil die klam winterwasem om die huis se westehoek, dit rittel en beef en vat-vat aan die naat van my corduroy-broek maar, in die glinster van my sjerrieglas vonkel sillabes van jou dink se loop en ontbrand as weghol vure wat warm deur my are bruis; kruis en dwars […]
n Kreef hoort in die see
ʼn Paar Desembers terug besluit ek om vir tien dae met my kinders ʼn weskus dorpie te gaan ervaar. Ons kry die eerste huisie reg by die visserskuite amper op die strand. Ons boer op die sand. Ons geniet die eenvoud van die weskus. Kinders is kinders en die drie van my speel gou saam […]
Briefie vir jou (48) …
die maande het verby gegaan en later jare geword steeds het ek in my hart geweet dat ek jou in my lewe kort toe ek een oggend wakker word was die winter skielik daar terwyl my hart yskoud voel het ek na die druppels teen die ruit gestaar hoe was dit dan moontlik hoe het […]
‘n Kamer met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley ek neem foto’s deur groot ruite met die skoonste, skoonste glas. Vér onder groei sipresse en die groenste, groenste gras. Die dam lê blink en blou. Ek skryf vandag vir jou vanuit ‘n vertrek vol vrouens, koek en tee. Daarbuite speel die mense gholf. Dit voel als so half koloniaal vir my. Ek […]
My Liefdevolle Aardse Vader
My Liefdevolle Aardse Vader Uit my kinderjare onthou ek my liefdevolle pa was altyd beskermend, rotsvas en sterk, altyd daar! As die trein vakansies voordag op Karasburgstasie stop en jou oë sy geliefde gestalte in die skemerte soek was hy betyds daar, altyd betyds voor die aankoms! Het jy voordag met die luukse bus uit […]
Lappies
“Ek sê ek sê naand daar my Pêl! Hoe lyk’it nou in djou se vel?” “Ag neiwat, hiersô bakgat reg solank my Dolla langs my lêg!” (Maar koutes bly sy kaaltes knyp as wind die lappiessinke gryp. Dan wiet hy mos hy’s weggooigoed al loep hy brêk met veer in hoed; want sawends leg hy […]
Vrede wil genooi wees
Waar lê Vrede? Iewers in ʼn boek? In ʼn terugdink of ʼn lewensles? Vrede kom op sy tyd aangestap. Soms half sleepvoet en sku. Tot jy hom herken of liewer erken in ʼn …oggend reuk, of in ʼn kind se beste probeer, net vir sy Ma. Dalk in jou eie tuin se pienk roos wat […]
Lewensverloop
Lewensverloop My lewensverloop is opgeteken en gebêre in my geheuekluise— Die begin is in rustige skoonskrif toe die lewe net sonskyn en vreugde was en die geliefdes vir altyd daar sal wees want die ouderdom en die dood was verweg vaaghede— Die Sturm und Drang tydperk het ‘n paar gekrapte reëls gevolg deur ‘n lang […]
Haar naam was Joy
.Haar hare was swart soos die nag. Giet swart en mooi vir my. Ek onthou haar naels. Lank en gewoonlik rooi. Kleure het deel uitgemaak van die misterie van haar bestaan. Niemand het gewoonlik met haar gepraat nie, behalwe my Ma. Sy was vriendelik met die nagvrou. Hulle het mekaar in die vaal strate van […]
Mamma se kaggelvuur
mamma wie sit daar op jou skoot my handjies is blou en dit kraak buite huil die windjie se hart hy weet ook jy is lankal dood die takke wat krap op die dak klink kwaad vir stoute winter die blommetjies het net gevrek en miere maak nes op die rak maar binne dans die […]