Kringloop Silwer 374 woorde
Hand aan hand stap ons deur die aftree-oord se strate. Die son smelt in herfskleure oor die bruin tëeldakke van die tweelinghuisies. Huis Herfsblaar. Genade, kon hulle nie eerder Huis Lentebloeisel, of Groen Koringaar gebruik nie. Herfsblaar. Vaal, dof en nutteloos. Ek swaai ritmies Lafras se hand. Dat ons twee nou so op die vooraand […]
Draai van ‘n seisoen (Silwer)
“As ek moeg word vir die lewe se gewoel …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Geen boom kan vir ewig bly voortbot en -groei nie. Daarom is daar seisoene, ‘n tyd […]
Stil word vir God
daar bo-op Mariepskop daar raak ek stil en dank die Here vir goed groter as ek dis waar ek die Here my God vrees, want vrees vir my Here beteken dat ek Hom waardig ag bokant alles hier op aarde tussen rotse en klippe wat bokant my uitstrek waar net God se hande met soveel […]
Lewenstryd (Silwer)
Die onsekerheid in vele oë vind aanklank in menige stem wat wanhopig skree teen hierdie stryd se rem nooit het ons kon dink óf ons lewe daarvolgens beplan dat hierdie lot ons sou vind ‘n weemoedsnet om ons span stil en magteloos onseker oor die verloop totaal uitgelewer en broos verpletter in wanhoop al word […]
Lewensreis (Silwer) 200 woorde
My lewensbootjie het bly stroomaf vaar, al probeer ek my lewe lank juis om stroomop te swem. Met die jare het ek rustiger geraak, die spane verloor waarmee ek my moeg roei om kop bo water te probeer hou. Saam met die vloei begin skommel, my nie meer laat ontstel wanneer versperrings of versnellings my […]
soos konfetti
soos konfetti snyend is die wind so skraal sneeu gestrooi oor die land eensame bome koud gebrand struike bibber en is so kaal waterstrome treur in ‘n reguit paal vorm woelend met die riviere ‘n band die nat vreet die ou blomme tot sand winter het vir somer ingehaal o Heer, ek is net ‘n […]
My erfenis
“Familie is soos takke aan ‘n boom, almal groei in verskillende rigtings, maar ons wortels bly as een.” Hierdie gepaste gesegde het my oog gevang toe ek op oom Google se inligtingsplasie gaan rondkuier. Daar word nie verniet gesê: “Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie.” Ons dna lê vasgewortel in erfgrond, […]