DIE SEESTERRETJIE
Dit is laat in die aand. Ek en ‘n goeie vriend wat ver woon gesels so effens op Whatsapp. Effens? Ja, so nou en dan sê die een iets en dan antwoord die ander weer ‘n bietjie later. Ek wil weet hoe kry hy en vroutjie die Vrydagaand om. En net daar vang hy my […]
Daar waar vrede lê
my hart verlang na die sonbesie-hitte wat lui luimer oor karoobos en klippe na die ding-dong van ‘n voorloopskaap wat smag na weiding net die beste wil opraap my hart verlang na wye, oop vlaktes waar stilte en vrede salfsmeer aan nerfskuur-gedagtes waar gesigseinder ver oor rante strek my hart se teer verlange na sielsvrede […]
AFRIFIKSIE kompetisie 2019 kortlys!
Hallo almal! Ek is so opgewonde om op AFRIFIKSIE se kortlys te wees. Julle kan die kortlys hier sien: http://afrifiksie.com/kompetisies/tot-nou-toe/kompetisie-2019/kortlys-2019/ En dan sommer op die skakel vir “‘n Hoed Vol Geluk” druk om my storie te lees. Onthou om die ander stories ook te lees! Geniet!
Drie Haikoes vir digters
1-Vroeg oggend 95 unleaded met handbriek draaie koppe wat omdraai vir ‘n nooi in ‘n skrapse broekie die swart ink spoeg 2-Kom van droom Die dood van ‘n leë-wit-bladsy ‘n mot is maar ‘n mot daar is mense met klip koue lang bier vir die glas daar is woorde in my tas hoë droog is […]
die houtbankie
naby die houtbankie in die park, dáár het jy vir my ‘n toorbos geplant en jou glimlag het die bome laat bot terwyl die wind uitbundig blare tart in die duiwe se kir is jou naam gespel en tussen die boomblare het die son soos blokkiesglas geflenter en stom na jou geroep jou kreukelhande het […]
Laat-lente se stof
my delila lippe lag fyn my voorkop is nat van bid, God en sweet en ek kyk weer in Sy oë; op na ‘n gewone wêreld wat niks weet nou jaag jou asem deur my are soos vroeg vanoggend toe die poue vêraf êê-êê met hul bont vere en deftige verwar my siel probeer die […]
Atleet
(vir Chantelle) Kop onderstebo W A G sy haar liggaam soos ‘n snaar gespan die skoot knal soos ʼn pyl uit ʼn boog skiet haar liggaam vorentoe hoor sy krete hul skree haar naam weergalm dit tussen die paviljoene deur dit spoor haar aan adrenalien druis deur haar are por sy haar spiere aan vinniger […]
Ink Gala aand – die groot verdwaal
26 Oktober 2019. My eerste Gala aand. Die senuwees knaag soos ‘n honger rot aan ‘n sak oorryp mielies. My hare word ‘n dieper skakering silwer. Klein Mathew word 5. Ouma se huis is die idiale tussenhuis vir almal. Pluspunt… Ouma het ‘n swembad. Oupa kry ‘n springkasteel en mamma, pappa, ooms en tannies spring […]
Sonsak oomblikke
in die skadu’s van die Outeniqua het die son skaam in oker oor bergkranse gebloos terwyl wegkruipskadu’s pendule in apostelgelid onder die wind se penniefluitklanke van gisterdinge © Anzé Bezuidenhout https://www.litnet.co.za/sonsak-oomblikke/