Menswaardigheid
Wysheid uit Spreuke Spreuke 16:31 Grysheid lê sowaar by ouderdom want met die wysheid het die sierlike kroon gekom het dit ons oues van dae wat reg gelewe het bereik silwerwit het hul dit gewys met glimlag sag om die mond en oê wat tevrede bly blink wanneer iemand hul pad kruis gebukkend het hul […]
Soos engele vlieg
Engelmens van my lê gou jou swaard neer jy lyk moeg en jou pad nog ver, jou siel skree in stilte vir skemer, jou oë lyk effens soos myne. Trap mooi en sag in die langgras, want om oorlog te wens oor ‘n pad wat verdwaald lê tussen nou en nooit – asof môre jou […]
Gebed my anker
in gebed is ek geanker want waar God verander kan ek in verwagting naslaan met betragting besef ek met God se werke staan niks meer in skerwe blymoedig is my hart want niemand kan meer tart met God in beheer het ek nooit nie meer seer met beloftes uit Sy Woord kom ek en God […]
Vroegoggend
Klokslag elke oggend 4 uur ontwaak uit ‘n diepe slaap soekend na varslug reik uit my bed na vore stadig maar seker vind my voet die balkon waar ‘n vars briesie wind die klank van die see met branders wat opslaan teen rots en sand breek maak gedagtes plek vir God se grootheid saggies hier […]
kadens
in koelte van die aand rus ek op my spesiale duin dit staan oor die see en kyk lomerige hittestrome verdwyn sag in aand se koeler luggie golwe lê ver terug en laag lê rotse bloot met kleur skulpdiere skarrel agter water aan wat ver terug gaan staan spesiale tye tye van blydskap vriendskappe gesmee […]
nuwe geluk
geluk is selde maklik mense is soms so naar wanneer kry jy klaar dan raak jy ongemaklik leer jy ook hoe swaar geen woord is absoluut kennis is nie altyd nuut dalk ook nie eens waar toe word ek ‘n rekruut van evangeliese woord en Hy maak alles nuut ©Teárlach
skets van my baai
Skets van my baai. Op my sit-duin is dit lekker rustig vanaand. Mense kom en gaan langs die onrustige see, wat hom regmaak vir ‘n nuwe crescendo van spring gety vannag. Heel dag al het hulle gekom en gegaan. So asof die see môre nie meer gaan bestaan. Elkeen met sy brakkie aan ‘n lyn […]
ʼn Volk se trane-hart
ʼn Hartversonke diep in ou verbonde in ʼn jaar verby van bitter soete trane uit ons hart drup bloed van seerkry woorde leed versonke in ʼn volk se drome van waar sal ons hulp dan kom terwyl die rou en galle smart van ʼn volk se hartseer bloed wegsink en dan roep uit dorre aarde […]