Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Seëninge"(Bladsy 56)

geskep uit vlees en bloed rein herskep in die Gees salig is die armes van gees hul behoort aan Koninkryk sonder gesofistikeerde denke sonder te veel boeke kennis sonder ongehoorsaamheid slegs strewe na verlossing kind in gees volwasse in vlees heerlike salige vreeslose lewe alle vrese in Sy hande geplaas alles anders is gejaag na […]

ek droom van duine waarop ek staan van digbegroeide bosse langs die see rankplante en droë kreupelhout steë waardeur ek golwe kan sien vergaan van kronkelende paadjies en bos waar kinders kan stap en verken voëls en kekkelende patrys-hen vanaand se geurige saam-eet kos my hart staan stil van eerste blik wanneer ek op ‘n […]

ONS HEILAND Ons Heiland is gebore Betlehem se Jesuskind die blinkende môrestêr kom die wyse manne van vêr hulle bring die feesgety Klokke weergalm in die hemel trompetgeskal word uit basuin in die stal lê die heil’ge kindjie wat die blye boodskap bring wat diep in ons harte sing die wêreld is verlore sonder hierdie […]

laas nag se donder en blitse vanoggend se mistige weer vanmiddag se son wat skyn iewers moes alles ontstaan waar koue en hitte vermeng skommel wind en dra dit aan oor lengte en breedte van land word kwaad en goed gestook party word verbruik of negeer ander kry voete en wil regeer iewers word daar […]

Vir jou wens ek ‘n kerstyd gevul met vrede, vol van lig. ‘n Tyd waarin geloof jou treë op elke toekomspad sal rig. Ek hoop dat inner blydskap in hierdie mooiste feesseisoen vir jou ‘n metgesel sal wees in al jou late en jou doen. Nog ‘n jaar sal haas verby wees – ek wis […]

Weerkaatsings teen die muur vertel ‘n storie van silhoeëtte van die beloftes se uur. Die reënboë sing ballades as jy bereid is om te luister na die fluister van sy serinades. Volg die glimmer van dagbreek oor die horison se vlaktes heen waar die fyngoud skatte versteek. Die reënboë sing ballades as jy bereid is […]

ons moet kan stil word êrens tussen gedagtes duisende gedagtes mallemeule van dialoog oor bekommernisse soos geld, kinders, besluite en werk almal smag na sielerus wat verkry kan word uit oomblikke van stil-wees perspektief kry orde herstel soos ‘n blom in stilte oopgaan en dagbreek in stilte – soos chopin vertel het: “Die note op […]

wieg en swaai van golwe in ons baai volg blink strepe van warm en koue wat saggies deur baai rangeer in voue laat natuur se ewewig perfek in draai breek saggies in wit skuim oor rotse spelerig sweef meeue prettig ge-raam duik en skreeuend oor seeslakke saam maak skuimbedekte skulpgruis klotse hoe lank sal hemelse […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Theresa het n geregistreerde lid geword

  • ILANA het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • ILANA het ‘n nuwe publikasie gemaak