‘n droë toon
dodder kleef aan droë fynbos risome drink elke druppel op blaarloses is geil sonder knop diertjies krepeer sonder kos wind is al wat konstant bly wit huise wil krakend steun swart dakke buig en kreun meeue sweef in wind en gly palmbome buig en dreun mense stap en kyk verward palms kan nie verder leun […]
my tabernakel
in deurdrenkte genade onder die blaredak van my tabernakel ‘n papierbasboom in my tuin waar peule soos kersversierings hang aan uitgespreide takke soos ‘n welkomsgroet word ek vroeg in die oggend in gebed omhels in my tabernakel in goudstof getooi kan ek die werke van u hande asem word ek ‘n silwervlerk hadida in vlug […]
WOORDSMOUS
Party sê ek’s ‘n digter ‘n towenaar met taal al skryf ek net die woorde wat kleur bring uit die vaal Ek skink maar net my hart uit op die wit van skoon papier wat in kleurpalet omvorm om die lesers te plesier Soms struikel rympatrone en die ritme wil makeer dan vee ek al […]
van kom en gaan
kersfees kom en kersfees gaan tussenin wil almal nog ook bestaan een smous met groente ‘n ander met persente predikante met siele mense met rus en vrede elkeen soek net Christus-liefde ©Teárlach
eensame klimmer
net soos almal voor hom reik hy na die trappe trappiesgewys klim hy hoe hoër hy gaan hoe meer gaan staan hy hoe minder kyk hy terug oë net gerig op boontoe daar iewers in die mis waar hy nie kan sien soontoe is hy oppad dan glip die mis hy kan sien voete los […]
Kerswens
‘n Kersfees wens lê ek voor jou voete neer. Mag God jou ryklik seën, jou hart vol vreugde reën, jou siel se vrugte blom jou vyande vir hulself grom jou sorge wegkwyn. Mag jou drome jou dra en jy meer jyer wees om oor te loop van genade, geluk en vrede. Seënwense vir jou, vir […]
Die bou van ‘n vrou
As jy kyk liewe vrou na jou spiëlbeeld, sien hoe die Vader Sy arms om jou vou voel hoe Hy jou koester, want Hy het jou gemaak sorgvoldig aan mekaar geweef sodat jy op arendsvlerke sweef. ‘n stukkie van die môrester en Sy hart se punt ‘n vegters vuurstorm met ‘n sagtheid soos die wind […]
Jesusfees
Soos die fees gety geliefdes saam bring wyl’ die engle kore Sy glorie besing Loof en prys die Koning seg dank vir elke sëen offer liefde en vergifnis aan elk vir jou geleen ‘n Geskenk is ons gegee- ons Verlosser en Heer elke knie sal buig Sy grootheid te vereer © Carla Visser 12.12.2017
Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]
Verlossers Kind
Onbaatsugtig Godlik hart alomteenwoordig Seun van Een gebore mens, ons Skepper Heer om ons verlos van sond’ en seer nederig sag in ʼn krip gelê ʼn Kindjie klein, van God ons Heer Sy hand het self die strooi gemaak wat nou Sy bed in stoppels maak ons buig die knie op sondaarsgrond ʼn Kind vir […]