Nimbus van heimwee
Hoe plak mens tyd weer aanmekaar vas daar by die gekoekte knoop in ons las soos sandkorrels wat deur ons vingers val lê ons ontsnaarde spore oor my lewenswal. Jou sagte soene swaai nog oor my wang elke keer as ek so innig na my duifie verlang ek voel jou steeds bruisend aan my are […]
Aardsengel
In haar waansin wou sy ook weet wie se beeld lê dan in haar geskape — ‘n rib, wat nie heeltemal pas; stof wat stink in haar siel. Terwyl die blou in die weste goud word wens sy weerbarstig en waardigterlik – haar vonnis en sy lot is klaar verseël met die swaard van gereg […]
2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Vir Katrein
Vir Katrein Hierdie reis kon sy nie keer met haar vlerke trillend oopgestrek om die wieke van ‘n noordewind te vang hang sy halflyf aan haar spasies en ruimtes wat heelal om alles en almal. Met wilde woorde wat wakker lê in haar mond (om nimmermeer tot stof te keer) flap sy vere uit Walhalla […]
Carte blanche van die natuur
waar die winterson wydsbeen oor heuwels sit brand die dorsverlange na ‘n nuwe somer waar ek tot na die middernaguur met droomoë na die sterre kan tuur in die krummels van die Bosveldvuur wat seine na die Hemel stuur sien ek in die konstelasie spore van dit wat was, is en weer sal kom met […]
Die lig in die donker
Kom ry saam met my oor die groot Gariep oor die onsigbare diep rivier deur die mis wat wit bo die water rus in die donkerste uur ~ net voor drie verby die plek waar die maan so gloei verby die fontein waaroor die maan so bloei verby die silwer dam en die bloekomboom onder […]
Toe maak God ‘n boer!
Elke dag, drie keer ‘n dag maak ons op ‘n boer staat, want sonder hom is daar nie vir ons voedsel nie. Dan is daar nog mense wat die boer haat, want hy en sy familie word gemoor en gemartel, elke dag sterf daar boere-families in ons pragtige land, elke dag word daar van ons […]