Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Sosiale kommentaar"(Bladsy 144)

My Bosveldland groei uintjies blaargekrul in leeuspore lank reeds toegewaai en tussen opslaangras en vloeispaatrif rank wurgend sandappels in son se braai. My Bosveldland verskraal as winters kom, maar dan dos bergalwyn in karmosyn en blare roes tot gespikkelde vaal en die Suidwind verkluim die son se skyn. My Bosveldland sweet as die Somers brand […]

Koer-koer sit jy daar doer, ek hoor hoedat jy my roep, boer, boer, jy moet jou roer, voordat ek ophou met roep. Luister na daardie gefluister wanneer hemele begin lewe, bome in rooi skemer duister wat rustig in die wind bewe. Skaam verdwyn die maan, en vrolik sprei son sy strale, dit is tyd dat […]

Vaalbosrant verby bly hy, stoksiel en alleen, vergete; die vaalbossies, sy maters in die stryd om oorlewing. Skewekranskloof oor kom jy na hom waar hy alleen staan; ‘n eenvoudige ou kliphuisie en ‘n dak van vaalbosgras. Skewekrans, is dit genaamd, en dit is daar waar hy woon; op die vlakte sal jy hom vind, rotsvas, […]

Oor die grasvlaktes vol bome en bosse en diere wat vrees. Oor berge en dale, met geheime gevul, waterpoele, woude. Oraloor is die gesang van wesens wat ween, rou oor die ondergang. Oraloor die hemel hang daar donker wolke, reën, en die Engele se sang. Oraloor is ‘n wonder, selfs in as en vlamme vloei […]

Voordoen Glasies stram in die hand in ‘n ongemaklike stywe stand dan klink ‘n silwerlag, ‘n spontaanlag wat soos towerslag die aand van stroefheid suiwer wat om almal huiwer en die spiere verslap en ontspan asof in ‘n grap— Waarom altyd so sedig deftig bang die etiket se borrel bars, gemaak nonchalant die glasies lig […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed