Ek was … (brons)
ek was egmooi vol-lyf-vrou saam met jou maar nou is ek net vol-lyf-leeg sonder jou Elizabeth
Binne seisoen (goud)
En nou weet ek ook dat my somer en winter hand aan hand kan loop. © MEI 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
die liefde onthou (SILWER)
die liefde onthou in die skemer sit ek en staar na die raam laggend gesigte in sagte pastelwolke blou hand-aan-hand waar ons lugkastele bou reinwit in onskuld ons twee vredig saam ek onthou hoe ons deur liefde verdoof in helder kleure ons toekoms kon skilder waar jy jou ewige trou aan my beloof die besoeke […]
liefdesnoer (Silwer)
ek wil vir jou ‘n liefdesgedig snoer met egte kraal-oog woorde wat (ge)maklik langs mekaar bly lê om jou hals sodat die koestering daarvan teen jou ontvanklike vel jou my woorde jou eie sal laat maak en jy die liefdesnoer met liefde om mý hals sal hang
narsis (Silwer)
ek had alles vir jou veil maar jy het my hart slim gemaneuvreer dit lewend uit my getrek nou hou jy dit triomfantlik omhoog – soos ‘n trofee – waaruit my menswees lang-traan drup…
vriend
– jou blosende gelaat jou ewig vriendelike oë vermurwe elke kwade gedagte ons vriendskap is van bo gevind ewig soos die roering van die see elke gedagte wat in jou omgaan word ge-ewenaar in my siel saam is ons sterk, kragtig alleen wil ek nooit wees wanneer jy dink het ek reeds gedink – ©Teãrlach
ligtoring
ligtoring wanneer die nag sy mantel om my hang en daar storms om my woed voel ek verlore en bang as ek my pad in die donker soek ek dobber in die oop see rond met seile wat hang in die wind my kompas is tot niet hoe moet ek my rigting vind? maar geanker […]
Brûe
(463 woorde) Brûe Dis baie moeilik om te weet watter brûe jy moet oorsteek en watter jy eerder moet brand. Want daar sál brûe wees wat gebrand moet word, veral dié wat klaar gevaarlik is, of swak fondasies het, of wankelrig is. Brand daardie brûe wat jy weet jou nie veilig aan die oorkant kan […]
Die tuiskoms.
Die tuiskoms. Met die sing van die Mini se bande in haar ore verkyk Mia haar na die vlaktes wat so verlate staan. Dit is net ʼn geroeste windpomp wat die geheim verklap dat hier ooit mense was. Met net hier en daar ʼn plant, lyk die landskap soos ʼn pure spookwoud in die flou […]