Teedrink by Ouma
Teedrink by Ouma “Rita, jy gaan laat wees vir werk, toe, opstaan!” “Dis my afdag, Ma,” kreun haar slaapstem. Rita kruip dieper onder die duvet in. “O gaaf, dan kan jy by jou ouma ’n draai gaan maak. Ek moes vir haar medisyne neem, maar ek is seker sy sal bly wees om haar enigste […]
Eksamen
Eksamen dit is kakofonie wanneer jy bang verwilderd kantel deur die nag tussen die bladsye van hoofstuk vyf se Klimatologie; die lêboor van die wyfiesprinkaan klop haar eiers stelselmatig stoot tot in die veilige vesting van jou dop- jy sien die dood as Franse Revolusies bloedloos stol sodat die lewensiklus van die mielieboorwurm in die […]
Weer
Ek krimp fetaal onder jou blik wat woede uitstraal, voor jou dreiging wat spektraal vlermuisagtig oor my hang, Ek is stukkend, bloederig bang vir sonde, vir die mense, vir my malheid, vir my té wees, vir die Heer se oordeel, vir my skyn, vir my leuens, my skuld, my éie oordeel, my wil en hardkoppigheid, […]
HERINNERING
HERINNERING Nog self maar kind toe liefde bloei en wortelskiet diep in my wese my buik en borste maanrond groei tog ingegrens fladder nuwe vrese. Laggend om my, geliefdes vrolik sagte geskenkies en piepklein kleertjies onsekerheid wat onderlangs ver-olik ongeduld voelbaar in die voeteveertjies. Maar toe was alles vreeslik deurmekaar… skreeuende jaagtog deur die stille […]
Chucky herleef in 2019
Vandag, vir die eerste keer in my ganse lewe, was ek bang vir ʼn kind. Daardie verlammende vrees wat so stadig oor mens kruip tot jou spiere heeltemal lam word. My bloed het yskoud en dik in my are gevloei en hoendervleis het van my bene al boontoe gekruip. Of dit sy houding, gesigsuitdrukking of […]
Reddingspan
Kom Boetie, kom en maak tog gou ek sluit die kamerdeur! Sy vrees die rook wat hul omvou … die bekende dagga geur. Sy is nog net tienjaar oud en hy word eersdaags ses, maar sy is deeglik ingesout, ken elk oorlewingsles. Kom, Boetie, kom, kruip gou hierin, jy’s veilig in die kas. As hul […]
Môre se pad
As ek my môres kon mooimaak in nou se hart sou ek eers wag tot ons dryfsand stilraak in die uurglas; sodat ek net een heel korrel van daardie aand kan verewig voordat jou halfsirkels my toegroei en ek vergete in jou verlorenheid val ek sou tyd nie toelaat om leeg te loop oor my […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
Aspoester se skoen (Silwer)
© Charleine Collins 26 Februarie 2019
My held?
Was jy die Heathcliff van my gees (myself), of die Phantom wat na onderaardse gragte my verlei , dan wegvoer na ‘n onverwagte donker gang en vrees? Was jy die grinch who stole die lig van my heilige Kersfees? Tog wag ek met ‘n olielampie vir die wis en vir die onwis vir die slow-mo […]