MOENIE aan my VAT nie!
die klip in my ribbekas bloei in ‘n kolewa stoot sooibrand rouseer oor ‘n strot gestook tot as ‘n vuuroond gloei in my lyf se dop en alles knetter in my kop my skelet is fynhout wat ‘n vonk verwag en my vel span teer oor ‘n binnesweer wat skram vir die brand van die […]
TYD
Tyd sand korrel korrel deur die nou poort van die uurglas hoop drup drup deur die buis tot in my liggaam vrees murmel prewel woord vir woord word ‘n bang gebed net ‘n onseker poging om tyd uit te koop tyd saam met jou tyd saam met ons kinders sal ek oorleef? of sal ek […]
Tydsberekening
Hy luister hoe die man vertel die tydsberekening het uitgestel. Mitose het verwaand geraak, ‘n vasgehaakde skakelaar. So ongehoord, haar eie lyf wat onverstoord van groei gaan vrot tensy die vreemde dokter voor hom ingryp met die vlym… Hy wou die dokter vra: As kanker dan die antwoord is op kinderlose vrae, het Gód se […]
Party sou seker sê: “Hulle tyd het uitgeloop.”
(goud) In Blyvooruitzigt, Carletonville het Hettie menig uur verspil deur na die krake in die muur te kyk. Elke bars se loop het sy sorgvuldig nagegaan ook elke stoeppilaar se val of (nog) wankelende staan. Oor die onderdeur het sy geloer na die gat daar in haar agtertuin – of dit groter […]
Martelingskamers (Ook bekend as publieke toilette)
Is dit net ek, of is publieke toilette nie net die vreeslikste ding op die planeet aarde nie? As jy nou wil hê ek moet in ‘n koue sweet uitslaan en hartkloppings kry, dan sê jy ek moet ‘n publieke toilet gebruik… Net nou-die dag is ek weer herinner hoekom ek die goed so haat. […]
“Jim Reeves is dood”
In Blyvooruitzigt, Carletonville het Hettie menig uur verspil deur na die krake in die muur te kyk. Elke bars se loop het sy sorgvuldig nagegaan ook elke stoeppilaar se val of (nog) wankelende staan. Oor die onderdeur het sy geloer na die gat daar in haar agtertuin – of dit groter of dalk dieper word; […]
Genade
“Jy kan ook net soveel keer in n deur vas loop jy weet”. Sy vou haar arms beskermend oor haar lyf. Hoeveel keer moes sy al hierdie woorde hoor. Die monitor beep beep saggies en sy luister na sy rukkende asemhaling. Moet sy of moet sy nie. Dis maklik, draai net die drip se kraantjie […]
Veilige hawe
Die jaar van die vark. Kyk, op ‘n pitboel se lyf is daar geen bang haar nie. Hulle skrik vir niks. Of liewer, dit wil so voorkom. Sky is ‘n bul van ‘n pitboel. Sy gespierde lyf bult op plekke waar daar nie bulte kan wees nie. Sky is my waghond. My beste vriend. Dis […]
RESENSIE: Die rolprent SULLY
RESENSIE: Die rolprent SULLY Met 57 is Chesley Sullenberger ‘n vliegtuigloods met 42 jare en 20 000 ure vliegervaring. Hy sê „Ek het presies geweet wat ek in my lewe wou doen – en dit was vlieg. Alreeds met 5 jare. En niks het daaraan verander nie.” ‘n Raadslag van sy vliegonderwyser toe hy 15 […]
Asië vier Nuwejaar
Oral ter wêreld word die Chinese Nuwejaar op die tweede nuwemaan (donkermaan) na die langste dag van die jaar (of die kortste dag as jy in die noordelike halfrond is) gevier. Dit val tussen 20 Januarie en 20 Februarie. Die Chinese Nuwejaar staan ook bekend as die Lentefees of Maannuwejaar en is ʼn baie belangrike […]