HOE LANK (goud)
Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind sodat ek net weer die mens binne my kan vind want my wag het lankal die lewe ingeskiet terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Sing, Bliksem sing! (Silwer)
Al dra ‘n aap ‘n kroon, én goue ring, bly hy steeds ‘n nare – geslepe ding; wat liewer sy tyd in ledigheid slyt, wyl hy ewe verwaand sy lof besing. * Foto: Olieverfskildery: Royal Monkey deur Donald Roller Wilson 1976
winter (Silwer)
wanneer winter jou hart vol lê en jy met koue oë na my kyk vertoef ek bewerig in die ryptrap van ‘n winterlandskap waar jou nypende greep op my verslae binneste my yskoud laat en tot in my siel versteen
Fees van die verslaafdes Silwer
aasvoëls saamgedrom om ‘n winterkonka in die vuur tuur bloedbelope oë wraaklus, wreedheid, waansin, wellus monsters van die dwelmkult sleepvoet sluipend donkernag soekend na duiwelsplesier en in die ryptrap van ‘n winterlandskap lê ‘n bloedspoor… huil die nanagwind terwyl ‘n aasvoël sy prooi verslind
Oorlewing
Oorlewing Kruipende koue teen my rug hitte-loos alleen murglose binne gevries, ruggraatlose skelm skimme. Gedroogde ys murgbene flenters gestampte skene slenterstukkies speel met hartpsige konflik. Geraamtes wyd gesaai, innerlike boei Houdini van haat se werklikheid denke en psige se vryheid. Siellose maatbeker, vol verraad, vernietig soos ‘n vis se luglose asemsnak vlugtend op damwal. ©️ […]
sonder (brons)
somber somer somber son warm skraal sonder straal somber winter somber kind sonder ys sonder wind somber vind lentekind somber groei weggesnoei somber herfs somber kleur roesjas middeldeur somber stil son(on)der jou Elizabeth
narsis (Silwer)
ek had alles vir jou veil maar jy het my hart slim gemaneuvreer dit lewend uit my getrek nou hou jy dit triomfantlik omhoog – soos ‘n trofee – waaruit my menswees lang-traan drup…
Sinlik belustig (goud)
Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer het sy nardusolie aan sy voete kom smeer plaksels van sy siel het een-een afgedop gister se newels het om hul stof opgeskop sy asem het wild-warm in haar nek geblaas ‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas helder in haar eensaamheid het […]
DROOMBLIKSEM!
DROOMBLIKSEM! Wag, moenie gaan nie! Maar jy doen dit wrágtag weer. Stilslapers sal die juksta nooit verstaan nie, jou REM-ritme bedwelm als heen en weer. Saans pers jou wit pille vol beloftes my af: skep afwagting maar verlam my. Jy vat dan pad en lag my uit. Angstig ingehok, wil ek jou telepaties indraf … […]