Jongste aktiwiteit:

November(Bladsy 23)

Winterreën Die wintertrane druppel teen die ruit van my hart mistroostig grys spatsels wat afgly verby my siel waar die vertakkings na myself vingerreik in alle rigtings kaal leeg selle sterwend vormloos koud winter sonder jou eers saggies eensaam alleen klop aan die vensters van my menswees deurskynende 0o0OooOOo00o0 o O Oo O0 o o […]

Deur slierte oggendmis Deur die slierte van ‘n oggendmis met offerrokies wat sag geblaas word waar die windpomp iewers tjier-tjier voëls vlerkies rondskud feëtjies vlinder met hul toorstafies kom haal my herinneringe my as ek in my verbeelding na kaboutertjies soek bome struike blare knie-diep baai in mistigheid hoor hoe-hoe uile voor hul fiesta gedaantes […]

Te skaflik gesuite en getie, Meneer pronkhaan pierewaaier jou charisma nie te versmaai. Skoene blink gevryf – reg soos ‘n resiesperd met die wenstreep in sig beloer jy elke lyf Jou harem oorheers note styfgepak in die beurs – verbeel jou jys elke vrou se droom Skitterwit glimlag – vals aangeplak uitgevat in blou Armanie […]

Wilde winde bring die saadjies, wat hartseer moet kom vervang waar ek alleen sit op die krans, magteloos gevang in sy mag. Voorspoed kom bietjies-bietjies, en dit verdring alles van belang tot verlore en iewers verskans, waar daar donker stilte wag. Strelende woorde van liedjies, wat alle werklikheid vervang met beloftes van nog ‘n kans, […]

Die namiddag-son beloer die vaal gras, waar jy rustig staan met jou skadu-jas. Van vêr af stewig gepanser en grof. Yslik groot, grou grys en dof. Bosluisvoëls vergader Jy peusel Tamboties Die mooiste mooi Vir ewig simbioties Van naby stilweg sagkuns in jou wees, edel in gestalte- ‘n bosveld reus. © Carla Visser

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed