Jy het so mooi omgee hart …
Moet asseblief nie so hartseer wees ek kan die trane in jou woorde lees jy moet probeer om van haar te vergeet want sy het net jou hart gebreek dit op die grond gegooi en daarop getrap nou voel die lewe vir jou donker en swart. As sy só met jou mors dat jy ly verdien […]
NET JY EN EK
Ons nag-uur se sweef in ‘n bewustelose trans Is die vrede wat ons begeer weg van die glans Daar waar ons stil word in ons alleen-wees plek Waar ons niemand hoef te wees nie, net jy en ek Hoop ons werklik vir lig, wanneer toegevou in ons donker plek Wil ons werklik uit daardie wonderlike […]
chaos (BRONS)
alle ruimte alle tyd in enkelheid met biljoene galaksies met biljoene sterre alles wat daar is en nog is is net energie in ‘n niksheid met geen lig geen tyd geen vakuum is net tydlose ewigheid verval alles meedoënloos tot niet in materie van ‘n niksheid en chaos neem oor
God is daar
God is daar in die stilte van die nag met donkerte omring en slaap wat wegkruipertjie speel. God is daar as retoriese vrae oor lewensbesluite woer woer met my gedagtes speel my vrede in more steel. O Heer, maak my geloofsoë en ore oop dat ek U kan sien en hoor – ek wil nie […]
Verlang
Was bedrupte kers flikkerende vlam vat terug gedagtegang Soek jou in die môre douvoordag Soek jou saans donkernag Soek jou oral in gedagtegang Traan bedrupte oë flikkerende gedagte gee terug gedagtegang Kry jou in die môre ek verlang Kry jou saans, meer verlang Kry jou in gedagtegang, meeste verlang Reis ek met jou meë brandende […]
stil
– Vader ek word stil my lewe is ‘n lied gesing op krakerige wysie van ouderdom – Vader ek bly stil U teenwoordigheid demp my klanke tot dank-gebed – Vader ek word stil dankbaarheid is my oorweldigende lied in totale oorgawe – Vader ek word stil die einde is dit nie slegs die begin van […]
twee oë kyk
– een oog het vir ander gesê hou jy ons op die regte pad ek sal na die ander kant kyk – mooi het vir lelik gesê bly jy net mooi vir die oog lelik het toe gaan skuil – geluk het vir ongeluk gesê lag en sing jy maar oor alles ongeluk het toe […]
Masker dra …
“Ek haat jou” – weergalm die woorde in my kop wanneer gaan die hartseer stop hoekom het jy my so verniel? kyk hoe gebreek is my siel. Sal jy ooit verstaan deur watse hel ek gaan ek is seker daarvan jy is nie gepla oor die las wat ek moet dra. Ek huil oseane vol […]
Ek is nie jy nie …
Ek was nog altyd die stil een want jy het my van mense vervreem jou woorde klou aan my vas as ek net iemand anders was. Daar is soveel haat binne my donker herinneringe wat my onderkry jy het my laat glo ek is nie goed genoeg nou moet ek my lewe lank stoei en […]
Môrestond
Rooibessie wonderbessie swart gebrande pit Fyn gemaal keurige verhaal boontjiepit Vuur gestook water gekook water en gebrande pit Geur ontploffing stoom verlossing heerlike warm mengsel Aromatiese heerlik romerige soete saligheid Môrestond met koffie in die mond @Lenel