Oupa ons mis jou!!
Oupa ons mis jou !! Deur Johan j van rensburg Brons afd Kortverhale Woorde = 2670 Oupa Piet Els is lank in die tand.Ses-en-sewentig somers lê agter sy rug, maar hy staan nog sterk. Hy is een van die lang skrales wat nie grond toe buig soos wat sy jare toeneem nie. Die paar […]
Grootword is nie vir sissies nie
Jannie en die groot veertien Gradering Brons 658 woorde Jannie staan in die badkamer voor die spieël. Die deur is gesluit. Dan is daar skielik ‘n klop aan die deur. “Jannie, maak gou. Jy is al amper ‘n halfuur daar binne? Wat maak jy so lank?” “Niks. Ek … ek is amper klaar.” Hy skrik […]
Tsholo se ark
Tsholo se Ark – Johan j van Rensburg Bronsafdeling Kortverhale Woorde : 2628 Kap! Kap! Kap! Die getimmer en gewerskaf eggo dawerend teen die rye kartondoossinkhuisies vas. Blits het al lankal onder die bakkie gaan lê− pote op die ore. Dis die honde van die plakkerskamp wat die eggo kordaat beantwoord. Tsholo glimlag oor die […]
Idiome verhaal Brons
My ma het altyd gesê ‘n mens moet die boompie buig terwyl hy nog jonk is, maar hoe gemaak as iemand aartjie na sy vaartjie? Dan help die buig seker nie veel nie. Die appel val mos nie ver van die boom nie. Maar ek kan seker nie bekostig om sy skandes aan die groot […]
Sokker in die Bosveld
Sokker in die Bosveld Charlie miskruier wou nog altyd ‘n sokkerspeler wees, maar waar kry hy tog ‘n sokkerbal hier in die Bosveld? Eendag loop hy deur die bos en sien ‘n groot hoop mis in die paadjie lê, in die middel daarvan lê ‘n perfekte ronde balletjie! Charlie duik Kop eerste in en rol […]
Kattekwaad net duskant Keukenhof
Kattekwaad net duskant Keukenhof Geskryf deur Fanus Strydom 2656 woorde Nederland (of “Holland”, soos dit in ons volksmond bekendstaan) is ʼn baie klein landjie. Nie veel groter as die Krugerwildtuin nie en plat, baie plat! Daarom bevind ek myself vierkantig in die saal van my gehuurde fiets en trap ek welgeluksalig my weg […]
KRAGGEREEDSKAP IN KOPENHAGEN
KRAGGEREEDSKAP IN KOPENHAGEN Geskryf deur Fanus Strydom 2 526 woorde Jaar: 1990 Land: Swede Provinsie: Øresund Streek Stad: Kopenhagen By ontvangs meld ek aan by ‘n bloedjong, spookwit meisiekind met pou-pers hare, ‘n ring deur haar linker-neusgat en geen merkbare gevoel in haar onpeilbare, bleekblou oë nie. “Halo, Fanus Strydom…” […]
Waar is my kous?
Het jy al ooit gewonder wat word van daardie kous wat nooit van die wasmasjien af terug kom nie? Dirkie se kouse woon in die onderste laai van sy kas. Daar is die grys kerkkouse, Klaas en Koos en die lang rugbykouse, Rudie en Ross, en ook pretige kouse met kolle en dinosourusse op, Japie […]
Jannie wil nie sing nie.
Februarie Maand Kortverhaal- Brons afdeling Jannie wil nie sing nie – Johan j van Rensburg Woorde: 1195 Opgewonde oefen die kinderkoor vandag weer in die groot kerk van die NG Kerk Elspark in die Oos Rand. Die orreliste en koorleier Tannie Christa is wel bekend om die beste uit haar kinderkoor te kry. Die […]
Klaas se terugkeer na die kinderhuis
KLAAS se terugkeer na die kinderhuis Klaas ry by die kinderhuis se hek in, dieselfde hek waardeur hy ‘n paar jaar gelede feitlik weggejaag is. Hy onthou dit nog soos gister. En hy het dit verdien. Sy gedrag in die kinderhuis was, om die minste te sê, onhanteerbaar en openlik ongeskik. Hy was rebels, het […]