Skeertyd in Namakwaland, Derik en die windhonde
Oom Piet is ‘n groot man, wanneer jy voor hom staan kan jy nie sien waar sy kop eindig en sy nek begin nie. So vra hy vir my om vir hom ekstra sonkragpanele op sy plaas in Namakwaland te verskaf, nie te installeer nie, want sy seun Derik gaan ‘n raam bou wat in […]
Drome oor jou
drome oor jou groet my in plaas van jou, hulle is vriendelik en druk my hart met kosbare liefde kosbare liefde is dit jou siel wat kom kuier by my in die stille sterre nag, is dit ons harte wat steeds in geheim saam wandel vriende wentel soms uitmekaar, sielsmaats bly in mekaar se wentelbaan, […]
Die Vauxhall-bakkie
Ds. Matie Brink was in die vroee 1970’s die NG predikant in Ladismith Kaap. Voor hy die “potjiekos koning” geword het was hy bekend vir sy baie suksesvolle Kerkbasaar “veilings”. My Pa staan toe ewe onskuldig en kyk hoe allerhande items opgeveil word toe een van die bure vir hom kom se: Andre, het jy […]
Vingers van Heerden
My oorlede pa het twee broers en een suster gehad, waarvan die een jonger broer Oom Martin was. Hy was ‘n man wat baie lief was vir diere en sy karre en sy vrou Ina en dan sy dogter Portia of Tia soos ons haar ken, seker nie in hierdie volgorde nie. Hy het altyd […]
uitspring kêrels! (Brons)
die laatoes van kleur plof grof in wagtende stof ets iets van afskeur in die atmosfeer se skof sigbare vreugdegeur teen die kontras van koue lof skilderdoeke swanger met fleur as geleenthede degtig tof bemin die dansende blaar wat kartel dartel spartel een van die dae is alles klaar makeer die pas is al wat […]
‘n Ode aan my Pa van ‘n Pa
‘n Ode aan ‘n Pa van ‘n Pa Ek is trots om te kan sê ek is my pa se seun. Op sy onvoorwaardelike liefde kon ek altyd op steun. My ou Toppie se liefde en trots was soos sy hart, eg en reg. Seer is dit diep in my hart, ek kan dit nie […]
Die groen oorlog
“Now I am become Death, the destroyer of worlds.” – Bhagavad Gita Hulle is al beskryf as parasiete. Hulle is nie. Parasiete is suksesvol want hulle maak nie die gasheer dood nie. Hulle word deel van die gasheer; laat die gasheer alles doen om die parasiet aan die lewe te hou en te help reproduseer. […]
Die Kind … Is Dood
Die vroeë oggend se windjie waai koel oor my moeë liggaam. Die nag was lank, warm en sweet het my keer op keer na buite gedryf, opsoek na lafenis. Die kind, sy het geglo als is mooi, almal is mooi, lelik het nie bestaan in haar lewe nie. Heellaas, ek kon haar nie beskerm! Haar […]
Gedwonge Verhuising
Dis vroeg, baie vroeg oggend. My slaap benewelde verstand begin stadig verander, tussen slaap en registreer. My sintuie verskuif ook van droomland na hede. Stadig. Ek raak bewus van die reuke om my, die klanke. Dit ruik en klink so bekend, maar waar? Deurdie slaap neuwels delf ek diep, en onthou, die spring soos n […]
Vriende Silwer 725 woorde
My eerste dag by die skool. Die keer aan die ander kant van die lessenaar. Ek laat my oë stadig oor elkeen van die groepies geselsende dames gaan. Nie een doen eens die moeite om te kom groet nie. Dit pas my. Ek kry die kans om elkeen van hule afsonderlik te oordeel. Die kaf […]