Waar Liefde Begin – Hoofstuk 4
Hoofstuk 4 — Die Begin van die Tussenspel Laurie sluit haar oë en sit een oomblik stil in haar motor voor sy vertrek, — Here U weet beste, U het nog altyd na my gekyk en ek het geen rede om te glo dat U nie verder na my sal kyk nie — hou U […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 3
Hoofstuk 3 — Die Einde van ʼn Era Terwyl Laurie konstruktief dinge reël en beplan aan die veiligheid van haar pa is Matthew platgeslaan en amper gedisoriënteerd. Soos Laurie wat haar hele gemeenskap het wat haar bystaan het Matthew almal by die sendingstasie, maar beide voel in hulself alleen teen dit wat hulle in hierdie […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 2
Hoofstuk 2 — Agendas en Ultimatums Johan kom alleen twee dae later terug en teen Laurie se beterwete voel sy ʼn teleurstelling in haar. Haar hoop was om Matthew weer te sien, alleen met hom te praat, hom rede te laat sien en tot ʼn vergelyk te kom. Johan is saaklik: “Laat ek tot die […]
Heel my Vredevors (Silwer)
Ek hoor nog die laaste gegons van haar stem ons was ‘n liefdespaar gesit in die skuit moes meesvaar maar nou deurvleg sy tussen engele O God en Seun van die mens kom stryk my hoof met salfolie giet balsem in my wonde streel my ego deur U versag my leed sonder ‘n donker wolkstreep […]
November – 500 woorde
November – ’n warrelwindmaand aan die einde van die jaar. ’n Maand wat jou amper onverhoeds betrap, want hy voorspel Desember, vakansiemaand, krismis. As ’n mens aanvanklik aan November dink, is daar eintlik niks wat jou opgewonde maak nie. Ja, dis nog lente, maar nie meer ‘heerlike lente, die winter’s verby’ nie. Ook nie die […]
Waar Liefde Begin
Hoofstuk 1 — Chaos op ʼn gewone dag Dokter Laurie Kilber is gewoond aan chaos, dié soort chaos wat siekte en dood by ʼn ongelukstoneel of in ʼn hospitaal kan meebring maar daar is niks in dié dag, ʼn normale dag, wat haar kon voorberei op die chaos waarop sy in haar sitkamer sou inloop […]
Vir die reën
Oscar was gefrustreerd. Hulle sê “die lewe is wat gebeur wanneer jy ander planne maak” en Oscar kan definitief daarvan getuig. Sy planne was om ‘n tweede praktyk oop te maak. ‘n Verskil te maak in die wêreld. Ryk te word. Maar toe kom sý in sy lewe. Min het hy geweet toe sy instap […]
16 de in Oktober
Oor die vlaktes kom ‘n gillende horde Kanonne gelaai,voorlaaier lê aan Trek die waens toe met doringtakke Omsingel in die laer , Gelofte afgelê Bloedbelope afrika rivier Eer die Vader , oorwinning by Bloedrivier Ruiter jaag agterna ,Nasie hou jou belofte aan God @Lenel
Koedoe
Ek weet nie wat het gebeur nie. Die een oomblik was ek nog regop; die volgende oomblik staan ek hande viervoet op die vlymskerp rotse. My hande pyn. My knieë pyn. Ek probeer myself orent stoot, maar ek het net nie genoeg krag nie. “Wat maak jy?” Die onverwagse stem hier agter my laat ‘n […]