Ek Onthou
Ek Onthou Hoe kan ek julle ooit vergeet wat my lewenspad gekruis het? Hoe kan ek julle ooit vergeet wat ‘n impak op my lewe gemaak het mense doodgewoon en lojaal tot bo gemiddeld en begaafd want vir almal was ek lief ongeag op eie meriete— Hoe kan ek julle ooit vergeet al die paaie […]
Diverse Liefdes
Diverse Liefdes Liefde is so ‘n wye begrip en is nie beperk tot die erotiese mens tot mens verhoudings nie— Al my voorkeure wissel in grade van liefde soos in kosse, plante, diere, familie, platoniese vriendskappe en sluit dus die breë spektrum van die lewe in met al die diverse afdelings en oral skuil my […]
Droomland Liefdesfantasie
Droomland Liefdesfantasie Snags wandel ek in my drome na ‘n geheime Kammaland waar my geliefde wag maar waar is my droomwandelinge wie gryp en steel dit van my weg nes ek wakker word en waar word dit versteek, want die ingang bly verborge en open slegs gedurende jou diep rustige slaap— Ek en my geliefde […]
Kom stagneer in my hart
In die skroeiende laatnag-uur trek eensaamheid in rou swartlamfer oor my kyk skyn die Hemelse sfeer sterreloos, leeg klink die naguil se roep klakkeloos en; my siel skree in wanhoopstaal ág – word jy deel van my biografie Kom snoei nou die wilde bouquinevilla dat dit weer in volheid maldadigpers kan blom kom deel my […]
Verdwaalde hart
Soos ‘n wilgertak se wieg in skemer’sak se rimpel-kring is dit jy wat vrede vir my bring Waar klein golfies teen die kante klots voel ek hoe die druppels warm spoel oor my sielsgelaat Jy steek jou hande uit na my verlore in die sirkel van liefde met jou eie seer vee my hart jou […]
alpha centauri
die wilde ganse in V-formasie vlieg ver na die naaste ster vier ligjare ver
Verander só die herfs
So kom bied jy ‘n najaarsblom in die troebel van die skugterson teder die oker van my herfsgedagtes wat jy in safraan-miedens bind In tederheid het jy die oes verhaal korrel-vir-korrel gemaai delikaat gewan, geweeg met harstnaar toegesak Pakskure vol gepak opbrengs wyd geseën met bakhandgenade bejeën onder kwashaal van sakkende son Kom bied jy […]
Droomvangnet
Droomvangnet (Drome) Ek sweef gewigloos op die briesie en met die droomvangnet wyd oopgewaai vang ek my verbyflitsende nog onvervulde drome soos pragtige helderkleurige skoenlappers lok met elke droom op vlerkies aangeteken kompleet met dag en datum duidelik tot ver die onbereikbare toekoms in— Baie van die drome kan ek nie verwesenlik en moet hulpeloos […]
Jou Glimlag
Jou Glimlag Jou glimlag laat my dink aan die aand wat my oë jou die eerste keer gesien het en my hart omgetiep en op jou ritme begin klop het. Jou glimlag laat my dink aan die eerste keer wat ons lippe ontmoet het, om my kop rondomtalie-mallemeule dronk te draai en my voete te […]
Die windpomp slinger nog
Al wat nog kan terug gaan is my gedagtes… soekend en dwalend oor ou verlate vlaktes, na daar waar die wind oor sy leë vonds kla en die son geen mens of skadu verdra. Dan vra jy my wat soek ek daar want die verlede en hede dáár, is so klaar – maar my hart […]