Jongste aktiwiteit:

Lede bydraesGedigte(Bladsy 1025)

Die Klein Dingetjies Ek dink nie aan groot liefdesdade nie maar aan die byna onmerkbare dingetjies van ‘n liefdevolle, vredevolle samesyn, die woordelose begrip en aanvoeling vir mekaar se gemoed en behoeftes, rustig saamlees en na mekaar luister in vrede en liefde en gemaklik tuis in mekaar se geselskap soos uitgetrapte gerieflike pantoffels en ‘n […]

Heimwee Wanneer die wind Op ‘n sonnige somersdag deur die takke fluister, waai hy ook die herinnering van ons teen my vas. Van sonnige dae langs ‘n swembad, met druppels glinsterend op jou wimpers terwyl jou dimpels dit volmaak afrond, tot by koue wintersaande opgekrul op ‘n rusbank – gemeng met die reuk van springmielies […]

Hartklop Met jou oorvloedige liefde en teer geduld het jy my skugter hart vir die liefde laat ontvlam – ‘n Hart wat stukkend was, ontneem van vertroue, het jy met jou liefde en teerheid laat oopkelk tot ‘n bloeisel – waar jy elke kosbare oomblik my bestaan se hartklop is. Yolande van Coller

Drome Ek wonder wat doen jy vanaand: Dink jy dalk ook aan my, Of lê jy dalk al en slaap? En as jy dalk al slaap Ontmoet jy my iewers in ‘n droom, Of lê ek in die vergetelheid van jou gedagtes? Ons liefde is nou gister se droom; Nog brandend sterk in ons herinneringe […]

Ek het gedroom Ek het onrustig hartverskeurend gedroom jy is skielik onverklaarbaar net spoorloos weg, sommer net weg van my af sonder groet destinasie en adres onbekend— Lam geskok besef ek my hart is besteel, skelm beroof, geplunder, en verslae leeg gelaat— My kussing was tranenat en ek voel vervaard deur slaap en trane heen […]

wegbreek wat doen ‘n hart as sy wande skeeftrek, die hele wese van jou mens seer omrol, jy eenkant staan en kyk asof vreemd, so of jou eie self aan ‘n ander behoort… jy die pad van jou voete skielik nie meer kan vind, sirkels om die maan na een uitweg klink… besluite neem, nie […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed