,’n Herkoutjie vir bepeinsing
In voordrag van ons lewe is bloot net skyn te lees… Tog, newens traak die wete: Wat God wil moet ons wees!
sout en stoom
di’s die sout di’s die see di’s die duine di’s die sand di’s die golwe di’s die skuim di’s die branders se gedruis golwe wat spoel kalm en stil jy is die vryheid en die vrede ek die donder jy is die flits jy is die slag ek die gedreun jy is die dou grys […]
Aubade
Aubade Die son wil nie opkom in my gemoed waar ‘n Aurora Borealis skemerte heers in my hart waar ek treur onder ‘n wilger se droewige slierterige hangtakke in meegevoel met my en ek hoor ‘n rustige vesper melodie op die aandbries aangeswewe kom en ek besluit onder die donker sekelmaan en helder knipoog sterrehemel […]
Ek vra jou . . .
Daar is leemtes alom te vind met ‘n gefluister van ‘n wind, gloeiende oë sonder vlam en ‘n iets wat is en opdam. In stap en werke is dit te vinde met die suising van stil winde, woordeloos is die gesprekke van ‘n klomp gesiglose gekke. Met mag kom dit uit die duister, dwing ‘n […]
Fluister’vlerk
Tussen wasige wolke roep ‘n seemeeu alleen wat sing die see? wat kla die wind? Met sy stertkwas agteroor getrek klief hy deur die lug… agter die mistige yl-grys-grou verlang ek na jou Seemeeu waar vlieg jy heen? in die waai van die wind langs die krul van jou vlerk wil ek my woorde fluister […]
Donkerte
Donkerte My gemoed voel swart en in donkerte gehul soos in ‘n sterrelose nag rigtingloos en verdwaal met al die liggewende kerse in my siel doodgeblaas want ek treur en treur my verdriet is nag en iewers langs die pad het dit my pakkie lewensvreugde laat verdwyn maar ek stap moedig terug en steek orals […]
Dankie vir woorde
Vader met danksegging buig ek hier neer om U vir my mooie talent te eer ‘n passie vir dig aan my toevertrou daarom beloof ek U hier en nou dat solank my oë my toelaat om te sien sal ek U naam met eie woorde bly dien solank my hande die pen nog kan voel […]
Wink die skemerskadu’s blink
‘n Najaarsblom lӗ geberg in die holte van my hand wat deur die wind nuwe eilande vind Waar dit diep in my siel brand elke gedagte en illusie moet ek inhou styg en daal aaneen alleen Dan kyk ons hoe die bloulip horison op ‘n spierwit strand skaam-skaam in die skemergloed wink Blink soet, ‘n […]
Die Laaste Basuin
Die Laaste Basuin Daar is baie dinge wat ‘n mens uitbasuin en uitbundig trompetter as jy jou land en span aanspoor maar daar is dinge wat jy maar saggies ‘n sordino demper op plaas want jou mislukkings hang jy nie aan die groot klok nie en jou verdriet taptoe jy sag en privaat diep binne […]