Soos ek altyd wou …
ek hoop sy gee vir jou blomme mooi soos op ‘n blommeskou pienk rose in die somer en geel angeliere in die winterkou’ ek hoop sy maak jou gunstelingkos bederf jou met ‘n haar oë blou en op die herd ‘n erdekan wat elke dag se koffie brou … soos ek altyd wou ek hoop […]
Briefie vir jou (48) …
die maande het verby gegaan en later jare geword steeds het ek in my hart geweet dat ek jou in my lewe kort toe ek een oggend wakker word was die winter skielik daar terwyl my hart yskoud voel het ek na die druppels teen die ruit gestaar hoe was dit dan moontlik hoe het […]
‘n Kamer met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley ek neem foto’s deur groot ruite met die skoonste, skoonste glas. Vér onder groei sipresse en die groenste, groenste gras. Die dam lê blink en blou. Ek skryf vandag vir jou vanuit ‘n vertrek vol vrouens, koek en tee. Daarbuite speel die mense gholf. Dit voel als so half koloniaal vir my. Ek […]
Huisie in die Bosveld
by haar huisie in die Bosveld groei die mooiste spierwit roos wat haar elke dag herinner dat die Skepper haar sal troos langs die muurtjie wieg gesiggies as hul knip-oog na die son en gekleurde vlinders fladder want die lente het gekom op haar stoepie in die blombak breek die eerste blare deur van ‘n […]
Skewekrans
Vaalbosrant verby bly hy, stoksiel en alleen, vergete; die vaalbossies, sy maters in die stryd om oorlewing. Skewekranskloof oor kom jy na hom waar hy alleen staan; ‘n eenvoudige ou kliphuisie en ‘n dak van vaalbosgras. Skewekrans, is dit genaamd, en dit is daar waar hy woon; op die vlakte sal jy hom vind, rotsvas, […]
Hy vergeet nie
Oor die grasvlaktes vol bome en bosse en diere wat vrees. Oor berge en dale, met geheime gevul, waterpoele, woude. Oraloor is die gesang van wesens wat ween, rou oor die ondergang. Oraloor die hemel hang daar donker wolke, reën, en die Engele se sang. Oraloor is ‘n wonder, selfs in as en vlamme vloei […]
My Liefdevolle Aardse Vader
My Liefdevolle Aardse Vader Uit my kinderjare onthou ek my liefdevolle pa was altyd beskermend, rotsvas en sterk, altyd daar! As die trein vakansies voordag op Karasburgstasie stop en jou oë sy geliefde gestalte in die skemerte soek was hy betyds daar, altyd betyds voor die aankoms! Het jy voordag met die luukse bus uit […]
Don Juan
Don Juan Jy het baie stede se hoofstrate bewandel totdat jy die cul de sac na my hart ontdek het en dit stof en sinkplaat gery het totdat jou chroniese wanderlust uiteindelik weer die oorhand gekry het en na so ‘n bietjie besluitlose wik en weeg is jy weer vort elke stop ‘n Don Juan […]
Eenstemmigheid
Die eenstemmigheid met die lewe en die siel soms hartseer soms wreed soms vrolik soms moeilik Waar die herinnering van hartseer en pyn deur gevoelens en dade uitbasyn ‘n begrip wat saam met die wind vergans Die wind ruk-ruk aan die naakte boomtakke vereenselwig die gevoel van totale verlating soos ‘n reӫnboog die finaliteit van […]
Net ‘n halwe mens
net ‘n halwe mens met ‘n billike wens dat gister se distels in doringseer spore soos mis sal verdwyn net ‘n halwe mens met ‘n broos breek-hart boepens vol omgee maar in sy kamers lê sakke vol smart net ‘n halwe mens wat stomstil-starend nar borrel-lag volg om elk hoek en krom-draai soos dit tartend […]