Woefies en Kietsies
Woefies en Kietsies ( My Lollotjie is Saterdagaand aan ‘n hartaanval dood) Die getroue troeteldiertjies sterf en daar is geen hoop op weersiens jy huil en rou oor jou dierekindjie die vaarwel was finaal daar is geen hondjiehemel en geen katjiehemel jy moes dit vir hulle hemel op aarde gemaak het in hul kort tydige […]
stof tot stof
stof tot stof fill your paper with the breathings of your heart – William Wordsworth as winter koue vingers in die binnekante van jou bors inslaan, gedagtes terugflits na somer se hitte, speel die sagtheid van blomme en keuses deur die harde vloei van jou gemoed… wonder jy oor vrywees, oor liefde en die skepping… […]
doolhof
doolhof love looks not with the eyes – William Shakespear soms kom daar pyn en steek vas teen die sagkant van ‘n hart, borrel protes spasties, krampagtig klouend teen die lewe se plig… en asof afkerig van weelde sloer jy voort met die bekende van rekenskap gee, armoede te verhoed… dalk jouself te vind, iewers […]
Oseaan melodie
Stille neurie-lied van die see met heimwee gevulde stem wou haar saggies-sproeiwink nader steeds nader bly wink meganies en in tranewaas sonder ‘n huiwer of versuim het sy kruipend nader gehaas Aandagtig sit sy en luister na onheilspellende woord neurie sy oor die toekoms met hartseerwals-akkoord of sag in suiwer sopraan in afwagtend’ oor nou […]
Ek hoop dit gaan eendag minder seermaak …
vanaand loop jy weer vrylik rond gestewel en gespoor, in my kop hoe hard ek ookal mag probeer ek kan die herinnering nie stop ek onthou weer elke klein gebaar jou stem, jou lyf, jou lag ek onthou hoe het ons planne gemaak en hoe ek vir jou sou wag jou stasie-groet was kort en […]
Digter – leen my jou pen vanaand
Ag digter… gee my tog jou hart en jou pen vanaand… want myne is leeg en o’ so droog, sonder lied – sonder woord, leen my jou kennis van skryf sonder tierlantyn, net die mooi wat die hart kan roer soos dit hoort. Laat ek tog hierdie bitter en seer brand hier onder die lamp […]
Insomnia
Ek verdwaal in wakker en soek slaap te vergeefs. Uil se knip ontwyk my, ek hoor hoe-hoe hy luister na my kop wat raas en met dag breek net fluister
Kaalvoetkind in die suide van Afrika
Kaalvoet trap ek my spore in die stof van Suid-Afrika. Teen maanskyn en rose word daar soms hier blind gestaar. Ek ontdek die honger en siekte van ander in my dik sny brood, hoor die weerlose hulpkreet van ma en kind teen gruwelmoord. Kyk hoe lyk die helde en leierfigure waarna ons moet opsien; mense […]
Fyn lyn
In Ebbe swart wieg die silhouette teen die witlig geëts op die maat van ’n stormwind wat siele laat bedaar. Wyl harte aan die oorlog veg om vrede, klou dwase hande van nou vas aan die verlede. Die silhouete dans van winter na somer en verander die nugter in ’n dromer. En dans ek lomp […]
Konkawe gedagtes
Grysgroen oë gluur terug uit ‘n stil-spieël-refleksie merk bekende goud-glinster hoor ‘n skaam, skugter lag Staar na sagte, skewe strate deur lewenspotlood geskets wasem en verberg- vinnig vodde- flentersiel- venster Gesamentlik deel hul mee in vreugde, vrede en smart as son skerp weerkaats word hul gevoel getart Sy eien jou elke gedagte deel jou grys-grou […]