Wedloop na verlange
Hoeveel treë word gemeet in jou wedlope teen tyd voor jy onomwonde weet – uurglas se kegelsand word nimmer gestuit Hoeveel heuwels en rante van klim, klouter en kleef om jou doelpiek te bereik – loer tog na die datums jou spertyd het verstryk Hoeveel grawe in ‘n hawe waar spookskip anker lê skril- skreeu […]
DROME
DROME Jou droom is dood. Jou ideaal tot niet. Jy is verpletter en verslaan. Al wat ‘n deur is, het net toegegaan! Jy duisel teen ‘n muur. Daar’t niks meer oorgebly – geen poort wat na vervulling lei. Maak oop jou oë. Kyk om jou rond. Daar êrens in die duisternis is nog ‘n skrefie […]
Tyd
Tyd ( O tempora, O Mores = Cicero. Oh, the times, oh the customs!) O, die tyd, die tyd en vervalle sedes! Is jy vyand of vriend? Gesigloos ontasbaar takel jy straffeloos af— Abstrak stu jy voort sekonde vir sekonde eksak op metronoomslag— Wie is jy, wat is jy, hoe lyk jy? Nag word dag […]
Mevrou Daniels
bo die bed en langs die venster hang jou foto’s teen die muur van die ou’tehuis in Brackenfell se kamer drie nul vier * daar sit jy met jou blomrok aan mooi gehandskoen en gehoed op jou skoot lê daar ‘n bybel en ‘n ou gesangeboek die hout raam om ‘n trotse man ‘n regte […]
BOME IN DIE WIND
BOME IN DIE WIND Soos bome in die herfs, wat, bewend in die wind, gestroop, geledig word van elke enk’le blaar, so is die Heer se kinders: Bome in die wind. Die winde ruk en pluk. Die takke buig en beur, so weerloos in die wind. Die bome kerm: Nee! Dit is genoeg! Ek kan […]
Knielend
knielend ek stuur vir jou die berggansveer, mits dese wil ek vir jou sê, hoe diep my liefde vir jou lê – Boerneef as ek Boerneef se berggansveer en Ingrid se pouveer, bakhand, knielend voor jou voete plaas… sal jy vooroor buig, my voorhoof kus, terwyl jou hande my gesig omring… en my vertel van […]
Vier seisoene koester
stuur ‘n Rooiborshoutkapper sodat sy ritmiese klop met skerppunt snawel hartsluike wyd kan sper jy winkend binne fladder beeldend weerkaats word in sy stille pupille stuur ‘n ge-oliede melodie met suiwer liefdesnote op vlerkwieke van wind dansend duiselig meegesleur en op maat van die musiek word eie note terugversend aan uniek spesifieke beeld aan my […]
Wit tafeldoek en bont servet
een oggend wyl die duiwe koer die son net-net oor die rante loer berei’k vir ons ‘n feesmaal onder bome in my tuin drapeer ‘n wit doek oor die tafelblad stryk dit met my palms plat rangskik blomme in ‘n blompot en ryg servette deur ‘n ring (wit tafeldoek en bont servet kom ons twee […]
Dis jy
Dis jy… Die gejuig van stemme geklap van hande en die laat-middag-sontrale dans tussen groot wilgerbome daar vind ek myself vrolik omsingel alleen ‘n wêreld wat hom afspeel hier voor my en ek as buitestaander voor jou aangesig vreemd ‘n glimlag vorm in my oë met die vou van jou hand in myne en ‘n […]
Verouderd?
Verouderd? Voorstellings en voorwerpe verouder maar is steeds in gebruik soos die daaglikse sout— Die liefde het nie verander, haat afguns en nyd het nie verander , en die chemie van die traan bly dieselfde sedert bestaan— Die oog se woede , nyd en veragting skroei geslagte heen op dieselfde lees geskoei, en hoe jy […]