Ou Gekraakte Hart..
Gekraakte hart, vanaand raak ek van jou ontslae. Ek soek liefde, ek soek weer ware liefde in my lewe. Jy gaan my nie keer nie, God het vir elke pot ‘n deksel gemaak, en myne is oppad ek glo dit, en vanaand heel Hy jou, ou-kraak. Jy sal weer vernuwe, sodra ware liefde in jou […]
Fruhlingsrauschen ( Lentegeritsel–Sinding)
Fruhlingsrauschen (Lentegeritsel—Sinding) Die eerste swaeltjies het statig groots vlerkswewend as herouts van die lente in helderbloulug en sonskyn arriveer en met grandiose verbyvluggroet fruhlingsrauschen ingelui— Die natuur kriewel en kruip uit sy hibernasie en groen botsels en bloeisels laat skurwe kaal takke uiting gee aan vrolike lentegeritsel oor vernuwende jeug se groeikrag en veerkrag in […]
Somer Vaarwel
Somer Vaarwel Die swaeltjies maal en maal en vergaar in swerms bymekaar in die lug want hul het die nessies verlaat en die seisoenstaal praat die somer is terminaal— Venstertjies is toe die hortjies en gordyne getrek die deurtjies gesluit en sleuteltjies veilig geberg, ma, pa en kinders instinktief reg vir trek vort op die […]
In Verband Met Liefde
Soms maak liefde seer, sodat ons uit ons foute kan leer. Maar ons mag nooit opgee nie, want vir elke pot is daar ‘n deksel. En as die dag as jy voel jy kan nie meer, vat eers ‘n ruskans, dalk klop daar binnekort ware liefde aan jou deur. Vergeet van die seer wat jy […]
Newelbestaan
Newelbestaan Alles is vaag,abstraksie ’n ewige mistigheid synde gestremd die IK laag, die lewe ‘n grys newelbestaan op ‘n eentonige lang gelyke baan sonder hoogtes van skerp insig, geen dieptes wat roep om lig die woorde bly gesluit so swyg snaar en fluit en staan voor toe deure en ween oor die noodlot se newelgeen—- […]
Ek sien half deur jou oë
Ek sien half deur jou oë diepkraakplooie wat raakpraat in ‘n hartkontoer met heimwee padkaart menig bruin vlekkies wat ‘n storie vertel van ure in die son, dae gevul met hel Ek sien half deur jou oë skewe knopskouers wat moedeloos hang rimpelhande wat eens sekuur kon vang voete wat skuifelend, versigtig trap flou energiebron, […]
Afhanklik
Afhanklik. Swaartekrag is die naelstring wat ons stoflik dwing om lewenslank vasgebind soos ‘n kind geeneen ooit gespeen en losgemaak na eie waarde te klou aan moederaarde se ronde buikwand met vasgeklewe hand rondomtalie voortspoed en borsvoed ewig afhanklik, verganklik— Janetta – Helena [Babs] ©
Satan sang
Jy met jou lostorring snymessie tong torring al my nate los Jy kom lê en loer na alles wat ek doen Jy ruik my swakhede op Jy weet waar om jou nes te maak in die warboel van my siel Ek volg jou so sit-sit maar so draai die wiel. Torring maar satan torring maar […]
VIR JOU
‘n Vonkie roer en word ‘n vlam klein houtjies glimmer en terg die kwart gekapte stompe om grootmens vuur te word. Vir jou loop ek doodloop strate toe vir jou sterf ek sonder terugtrek se berou Sonstrale steel die groen van nat bedoude lelies af en ek soek oornag slaapplek vir my liefdes woorde net […]
Lugkastele oor jou
Ek wil lugkastele bou ek wil jou naam in my hart hou wanneer ek spreek, wil ek dit uit skreeu en jou wese in my toevou Jy drup op my gedagtes as jy smelt-ys word wanneer die hitte van die son jou deurtrek, deurgrond . Jy trap op my tone wanneer ons om en om […]