Net ñ tikkie tyd
Net ‘n tikkie tyd Kan my oggend net weer begin met tuisgebakte beskuit en koffie wat op die ou koolstoof staan en trek. Ek onthou die dae toe ek nog Ouma se boontjiebredie kon ruik. Vandag is ek tevrede met beskuit uit ‘n boks en ‘n vleisie in die pan. Sou die dag net […]
ñ Roos vir haar
‘n Roos vir haar Sy is iets anders as die res. Sy weet hoe om my behoorlik te verpes. Haar hart is van goud gemaak, al weet sy ook hoe om dit van tyd tot tyd vir my toe te maak. Sou iemand my eenvoudige skrywe ‘n pragvers noem, dink sy dit is die mooiste […]
“Gee die hond wind”
Juanri Brons-Gedigte “Gee die hond wind!” het oupa gesê as my woorde vasgehak in my gedagtes kom lê. Whisky die brak hardloop af in die straat, maar altyd het oupa met mý gepraat! “Maak ‘n kopskuif my kind, en troetel die plek van son en lag en wonderwerk!” Nou hoor my siel […]
slawerny van die gees
“Geskiedenis is geneig om homself te herhaal.” in die oorsê van elke dag se woorde wil jy weergee wat in jou hart omgaan ervaring oordra wat jyself aangeleer het uit jarelange repeterende assosiasie met “doen wat reg is” – politiek operante kondisionering wat die klassieke geheel oorskry die etos te verander sodat […]
Quo Vadis
Silwer Vanmelewe is die vraag al gevra en vandag nog is dit iets wat pla. Die Afrikaner wat by ‘n kruispad staan met verengelsing wat om hom aangaan. Sal die Afrikaner hierdie oorlog oorleef, met die jong geslag wat tale verweef? destyds as ‘n kombuistaal beskou, maar tog suiwerder gepraat as nou. Afrikaans moet kwansuis […]
Ja die hoender is n wondelike ding
Ja, die hoender is ‘n wonderlike ding Geurig op elke familietafel lê jy gebak, of soms in ‘n egte kerriesous gekook. Hen se eiers vir ontbyt, of gebruik in gebak en brou. Soggens, met die eerste gekraai, wys elke haan wie is baas. Selfs in Afrikaans kom maak jy gereeld ‘n draai. Van vrouens wat […]
Dans van die wind
Dans van die wind Suidewind, sag en stil, draai en swaai tussen tak en blaar. Oostewind, kom dans nou saam. Stof en warrelwind wil nie bedaar nie. Saam lyk dit na ‘n liefdesdans. Die suidooster is ook op die baan. Blare werrel, blomme word oral gestrooi. Saad word rondgewaai en iewers deur die wind en […]
Lente by die dam
Lente by die dam Sou jy padlangs, daar verby die koppie, gaan, vind jy die rooi fiets by Kromdraai se pos, teen die dam staan gemaak. Blomme van alle kleure en geure groei daar tussen verlate vlaktes. Selfs onkruid sukkel om daar vastrapplek te kry. Almal noem haar Lente, die vrou wat daar blomme plant. […]
Sefier
dit was nou aangenaam jou gedagtes soos ‘n ligte briesie wat saggies oor my duin kom waai het my gedagtes ver en aangenaam terug gevoer het na my jongmenslewe, die lewe van sturm und drang daardie lewe wat elkeen moet afgee aan ouderdom die groot geveg teen die “derdom” van die jare sagter as […]
Somersneeu
Somersneeu Toegepak met sy wit yskombers, loer dennetakke se neuse en hoede tussen die sneeu. Oral waar jy kyk, maak mense reg vir ‘n groot feestyd. Branders breek, roomys, see en sand. Hier in ons mooi land is dit Kersfeestyd. Sneeu en son kuier elk in hul eie seisoen. Die lewe bied vir almal ‘n […]