Jongste aktiwiteit:

Lede bydraes(Bladsy 103)

    tydens dagbreek van ons vriendskap het die strale al verskyn sonstrale van genadige hitte skerp gespits in helder kleure beloftes van wat nog kan kom melodie van ons saamwees polifoniese tekstuur of monofoniese ritme in jare vervorm   © Tearlach. Ritmos – grieks vir ritme polifonies – veelstemmig monofonies – eenstemmig

    kyk, as perskebome begin bot jy weet mos, daardie groen spruitjie daardie nuwe groeipuntjie aan elke takkie dan, is die lente aan die kom wag jy vir die pienk blom so wag ons op jou op jou groen spruite wat nou dringend moet kom voorlopers van wit, oranje en pienk wat my duin […]

    daar hang mis oor my duin nag se donkerstrale beweeg langsaam spookbeelde dans oor dreunende golwe kermende meeugeluide vul die grys lug met elke brander die wit soom wat lewe uitstort oor sand so vorm elke gedagte sy eie relaas woorde wat uitstrek oor wye velde van aktiewe breingolwe in sensoriese reëlmaat van […]

    laat alle homme weet dit is tyd om te vergeet van ditjies en datjies en katsebladjies   een hom – twee homme dronkes val oor dromme drank verdra nie onreg en ruggraatloosheid nie   al die homme saam kan jy in een kassie raam grootheidswaan beslaan byna elke hom se bestaan   sodra […]

    die heelal is oneindig groot die pad na faseruimte is oneindig klein jou nuldimensionaliteit besit geen ruimte daarteenoor die oneindige beweeglikheid van God se skeppingsheelal waar ruimte elke oomblik oorvloedig gebeur   verleng een haarbuis van hier tot in die buitenste ruimtes dan bevat dit onberekenbare volumes lug gaan op reis van hier […]

    waar meeue rondomtalie draai kouefronte ritmies oor ons draal krappe en skulpe oor strand beweeg daar lê my duin   vandag lê hy skuins na gisteraand se stormwind maar nooit is hy dieselfde gevorm deur golwe se baljaar   so rondomtalie my gees gedagtes en drome uitgevars uit lang winternagte se geswoeg om […]

  nou ken ons nog maar net ten dele later sal ons dalk alles ken hare, oë, ore, neus, mond, tande, lippe, kop, gesig, nek, arms, hande, bene, voete, tone en knieë so baie om te weet kuier ons op die Maan trek geen swaartekrag ons aan gewiglose ruimte reisigers verloor spiermassa gedagtelose mens verloor […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed