Die Oumenshande
Die oumens se hande Hou stil oor die deeg Die beeld is nou ‘n vassteek Oor die verlore bande Die blou vensters wasig Trane van onthou Soos die nuanse van gister ontvou Die spieël van die hart is jong kinders Om die kombuis tafel, luid Gehoor van wyd tot syd En ‘n traan biegel oor […]
Bewerk en Bewaak …
onrusbarend reis die wêreld deur die vensters van my oë skommel selfone die hemel van môre tot die aand in ons skole in ons kerke in ons werke in ons huise tot in ons kombuise word normale verbale kommunikasie versmoor en tussen die eerste klik en die laaste swipe grinnik/hoonlag LED-lig blou oë agter glas […]
Erosie (Goud)
Erosie en daar staan jy nog: Adamastor waar Afrika sy donker skouer teen die suide draai waar die wind ou stories uit jou klipskeure haal sout lê wit in jou klipplooie ek kom nog sonder vlag sonder kruis sonder naam net water en met die maan se hand […]
Hier op my stoep
Hier op my stoep Die oggend is nog stil van die geskarrel van ‘n mens. Natuur maak sy diere wakker. Ek sit en lees dit wat uit die mens se hart wil wees. Party is verlief, ander treur en sommiges is dankbaar. Daar is dié wat net speel met woorde, soos ‘n kop wat iewers […]
As die wind sal waai
As die wind sal waai Ou blikdam, staan amper al ‘n honderd jaar. Plek-plek het hy geroes, gaaitjies soos ‘n sif. Met boer se raad is die dam gelap. Sy sente moet hy vir nou eers raap en skraap. Hy het alles probeer om die dam weer sy eer te gee. Gelap en geseël met […]
Droë aarde
Droë aarde Met pik en graaf werk die boer sy land. Hande vol blase, stukkend gewerk. Hy stap deur die land en kyk na die krake, terwyl die son aan sy skouers kou. Hier was al water, maar die reën kom eers weer heelwat later. Met soveel geloof in ‘n wêreld vol krake en droë […]
Vyf-en-veertig minute van hel blitsfiksie 169 woorde Goud
Bloed. Sand. Sweet. Salpeter wat klou aan rou wonde . Hoekom? Ek struikel oor die soveelste kadawer en voel hoe die swart brommers teen my vasvlerk. Ek kan nie meer nie. Ek kruipkoes tussen duin en bos. Hier loop die dood vandag grynsend sadisties rond. Vyf en veertig minute van hel. Toe die skuit se […]
Kommetjie tot Gannabos
weskaapse plesier van branderplankryers tot droë oeroue plantegroei elke man se plesier uitgespel wat elke oog kan sien en geniet van Kommetjie se kreef en kelpwoude tot Gannabos se droë veld en kokerbome neem my reis my op vleuels van genot iets van alles vir almal so gesog wat een mens kan beleef […]
Ek het maar net gaan kyk
Ek het maar net gaan kyk… ‘n Lewe vol reëls ken ek goed. Meer mag nie as mag. Nou is die pad waar ek loop met ‘n strop om my nek geknoop. Stil, op my eie, stap ek af in die straat; ek hoor geluide van geluk en lag. Baie liggies voor die deur, […]
My hartjie, my liefie
My hartjie, my liefie Van jou het ons gehoor daar agter die blou berge. Ek het altyd gewonder wie moes jou so ver gaan bêre. Ander het al na jou gaan vry, maar hier in my kontrei… het die manne ander nooiens gekry. Al wanneer ons sou sê “my hartjie, my liefie”, is as die […]