Lewe Getye
water getye woed na ń breek punt op harde rots in ń wit spoegende was buig en bars stamp staal rue uit op maatskappy rostrums ingebind as verroeste draad getye spoel as briesende energie versmelt dan eenvoudig stol en sak weg
ek sal jou onthou
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022 ek sal jou soek in die volmaan se gloed in die ysterklip wanneer die geel gras oor die veld wieg in die hemelhoëhange wanneer jou asem snak in meiringspoort se gange ek sal jou proe in soetwyn en sushi suiglekkers in ‘n blikkie roomys en halva en seafood pasta ek […]
Spookvoel
Spookvoël Geskryf deur Fanus Strydom April 2022 Woordetal 1550 Malaconotus blanchoti Gryskoplaksman Soms kan mens, vroeg op ‘n koel wintersoggend in die laeveld, die hartseer roep van ‘n Spookvoël hoor. As ‘n mens mooi luister. ‘n Vêr-af weeklaag, iewers diep vanuit die digte ruigtes, en tog terselfdertyd, ook so indringend naby. Hy word selde gesien. […]
Terugblink oomblik
Terugblink oomblik Leef oomblikke om van te lewe dank God vir wonderlike tye kan opstaan en voort strewe wil nog soveel doen in lewe Oupa en ouma kyk uit bewonder sit op stoep van hul huis lewe saam was iets besonder kinders gevoel hul altyd tuis kleinkinders saam en boek lees wag bly dat oupa […]
Gorrel oor liefde
Voorreg om te gorrel oor liefde. Meningsfeit is dat liefde deur lewens ervaring en omstandighede verskillend deur mense ervaar word en gewys word. Voorbeeld is valentynsdag. Getroude paartjie vir baie jare se valentynsdag verskil baie van die onlangse getroude paartjie voor die kansel in die kerk. Saam met voorspoed en tee”spoed het getroude paartjies elkeen […]
Suur melk (1475 woorde)
Voor hy daar aangekom het was dinge by Huis Amperklaar saai en eentonig. ‘n Mens wil amper sê sieldodend, maar mens gebruik nie die D-woord wanneer dit kom by mense in ‘n aftreeoord nie. Almal weet Dit loop die gange op en af opsoek na ‘n nuwe slagoffer, soos ‘n boer wat in ‘n boord […]
Oupa en die Canabis 1598 woorde Silwer Januarie 2022 projek
“Waar het Oupa hierdie gekry?” Dawie hou die sakkie beskuldigend in die lug op. Die groen blare is onmiskenbaar sigbaar deur die gaas. Die soet reuk bly in die lug hang toe Dawie die sakkie skud. “Oupa, wat wil jy met hierdie duiwelsblare maak? Moet net nie vir my sê oupa het nou die kluts […]
Boomtakke
jong latte wiegel in die wind skeur in storms los ń wond in stam ouer takke groei jaar ringe stam tot hardehout staan onbeweeglik seisoene lank moeder stam in storm en drang deur saagband skree plat geslaan latte, takke val slap hout verval harde hout rugstut strukture tot begrafnis kis red die mens se bas geslagte lank
Die nuwe intrekker
Karin kyk ongemaklik rond. Haar hande is in mekaar geklem. Sy skuif effens rond op haar stoel terwyl Matrone die nuwe intrekker bekendstel. “Dames en here, ontmoet vir mevrou Annelie Basson, ons nuwe intrekker. Sy is ’n vrou van vele talente en wil graag aktief betrokke wees hier in ons aftree-oord. Betrek haar gerus en […]