Om jou te mag sien
Jy skuil tussen rotse waar die skadu’s jou verberg, asof skugter oor die wonder van jou kleur. Maar net toe wit skuim teen oeroud mosselbanke beur en soutreën (vir ’n oomblik) teen die uitspansel bly hang… het skemerson (tersluiks en speels) jou mooiste tinte in haar laaste strale vasgevang. © Carma Shaw 2 Januarie 2019 […]
Lekkerlyf wees
Weer tyd vir drome doen die kwagga strepe dans lekker nuwe dinge wag wees gelukkig en onthou gaan na waar jou hart jou lei
Pols en Klank
Karre vleg ongeduldig deurmekaar, terwyl trokke, swaargelaai, kruie. Toeters blaas en hande beduie na die asprisse taxi wat bly staan. Dis ‘n ongemerkte halte waar hy wag, dat tydsame, ronde breë heuplywe wurgend tussen ander deur skuiwe en plomp tot rus kom langs die pad. Tussen skewe, manke huise saamgeflans uit sink en hout, verdwyn […]
Flenter-vlerke van liefde
Flenter-vlerke van liefde deur die vloedgolf van vele dae het ons twee saam begin stap en midde-in die veertigdae storm het die tortel my vrede met ‘n botselgroen olyftak aangebring op die offertafel van jou liefde het jy my die ram in die doringbos gewys daar waar jy turend in die Braambos kaalvoetspore van genade […]
profiel
van ver af is sy duin klein feitlik onsigbaar teen die see hoogwater spoel soms daaroor laagwater laat dit hoog uitstaan gister en môres word daar vasgepen swewende siel van onsamehangendheid losse woorde wat soms nie eers sin maak loop kry lêplek op die rekenaar se geheue oud- maar nog nie koud sit hy afgerond […]
DAAR IS ‘N DOEL
DAAR IS ‘N DOEL daar is altyd ‘n doel jy sal gou weer beter voel probleme is maar altyd daar al gaan dit ook bitter swaar ons sal altyd daardeur werk dit maak ons net beter en sterk duiwelvyand wat so kan lieg ons moet eerder bieg hy is net soos ‘n dief behandel die […]
NAG VAN VREES
NAG VAN VREES Nag van vrees sal ek nooit vergeet my lewe was in ‘n stywe greep toegesluit soos in ‘n kluis drie skelms is nou in my huis net hier in my pikdonker gang wag ek in angs soos ‘n bakkop slang gaan hulle my vermoor of vang ek was so bitter bang sweet […]
Grys ou Sprokie
Diep, diep in die hart van die aarde is ‘n siel gebore nie van klei of bloed, maar van lig en liefde. Nog nooit het enige swerfling so ‘n mooi aanskou en soos die siel groter word het die son gemerk, dat sy maat ontbreek. Liefderik het die son tussen duisend sterre Liefde en Skoonheid […]