Ons is merkwaardig (Brons)
(Vir Vrouedag) Aantal woorde: 269 Dis Vrouedag, maar vir my voel dit presies dieselfde as enige ander normale dag. Niks besonders anders nie. Slegs die feit dat dit ’n publieke vakansiedag is en ek vanoggend nie (soos gewoonlik) vroeg uit die vere hoef te verreis om my kinders na die dorpskool te neem, heeldag in […]
Kom huis toe
Ek wens meteens agter stil mure jy was nog híer om met jou sagte stem wat die innigheid het van skemer-motreën of kleurvolle verse om reënboë oor my dae se vaalte te span want net jy kan. © Zebbie Silwerklas
Alfabethuis (Silwer)
My gedig is ‘n huis met baie kamers om in te ek alle woorde is welkom om in te kom want die klok tik die mooiste as ek gesels op my sagte bed dís tog híer waar die liefde lê wat meer wil mens van die lewe hê. ©Zebbie
Eenkleurreënboog
Wanneer my gedagte huiwer om van my jou te vergeet sal ons Skepper deur Sy skilderwerk ‘n eenkleurreënboog as sonstreep op seevel trek wat sal lyk soos ‘n geel maansomloop van helder hoop. © Zebbie
Woordstring
Met die vaste geloof van God wil ek ons liefde string woorde inryg na jou hart my alfabet laat soetklink met verse vatbaar vir indruk. © Zebulon Kochk #zebbiekaans
HOE LANK (goud)
Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind sodat ek net weer die mens binne my kan vind want my wag het lankal die lewe ingeskiet terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
STERK STILTES (BRONS AFDELING)
STERK STILTES (BRONS AFDELING) (persiese kwatryn) Honderde jare het alreeds verloop; helde het dikwels hul siele verkoop; dinge het sedertdien so verander, tog het die mens nie verleer glo en hoop. Op die water het sy hom weggesteek en die farao se spul wette verbreek: die profetiese koms moes voltooi word – sý was die […]
Seën (Silwer)
reëndruppels wat op my wange beland is soos teer soene van ‘n hemelhand as ek my oë sluit en intens luister hoor ek serafs hou ons liefde instand. © Zebulon Kochk Zebbiekaans
Kampvegters vir Afrikaans (569 woorde)
Vanmelewe was daar nog altyd voorlopers wat dit hulle werk maak om te waak oor sake na aan die hart. Mense wat erns maak om dit waarin hulle glo, uit te bou en seker te maak dit gewig dra. Daar is verskeie organisasies wat hulle daarvoor beywer, en alhoewel almal op die einde dieselfde doelwitte […]