Waar is jou ware tuiste?
Waar is jou ware tuiste? Wanneer ons nuwe mense ontmoet, duik die vraag dikwels op: “Van waar is jy?” Dan word daar gewoonlik ʼn dorp se naam genoem en uitgebrei oor ʼn sekere buurt of huis waar die persoon bly. Kom ek vertel vir jou: ek is ʼn Namibiër in murg en been. Ek is […]
Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]
Duin-óp (silwer)
augustuswinde het die sand van die half-weggedra-de duin weer op my huis se stoep kom waai dag vir dag sal ek volhard en vas bly glo emmer-vir-emmer ís genoeg al moet ek dan daarmee trappies bou tot bó ©️Elize Kruger 3 Augustus 2022 www.avbobpoetry.co.za/Poem/View?PoemID=171738
wortels (brons)
wortels toe belofte blou in die weste bou en ons vog in die wind kon ruik het hy my hande vasgevat en sag vir my gesê dat sy wortels hier diep lê daar was hoop in sy oë toe hy vra of ons kan bly op die wit kalkplato waar die grondpad suidoos draai ver […]
Die tog van rou
Vertrou die tog van rou al skaaf die tuig Sy juk is sag jou las te swaar laai af, laai af Vertrou die stort van trane wat wonde was Sy sout inwerk jou letsels soos bloeisels dounat laat blom
Skarrelkind
Skarrelkind My oë traan van die snerpende koue, my ore pyn en my tande klap opmekaar. Nog net twee karre het verby gekom, asseblief Here bid ek, ek kan nie meer die koue vat nie. Dankie tog, die robot slaan oor na rooi. Ek hardloop na die voorste kar maar die vensters is toe. Nou […]
LAASTE VERS (goud)
En snags as jy droom en die nag haar arms om jou vou sal jy my laaste vers aan jou ook onthou die een waar ek bid dat jy weer heel moet word veral die strofe waar ek wens dat jy my sal kom haal en my huistoe sal vat. © 7/2022 Caren Kearley FB: […]
KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]