Tussen my en jou
Daar het ‘n straal gekraak toe die son opkom en ek hom deur die glinster van jou oog wou vang hy lê nou op die grond besig om donker te word sy splinters skyn soos glas deur die gleufies van wat ons eenmaal was toe ek my hand uitsteek en saggies aan hom raak, het […]
Klip smelt nie sommer nie
Hoe het jou hart so hard geword – so ongenaakbaar, so koueklip? As ek maar kon sou ek die mure kraak en sagte sinne deur die barse glip. En dalk – as my woorde vir ‘n duisend jaar deur die kamers van jou hart baljaar en nooit hul moed verloor nie, sal klip die stryd […]
Ons het nog hoop
om geloof te he kan ons berge versit ons naaste daagliks oor die klippe te dra om jou hart oop te maak en vir n ander te laat sing gee jou n rede om soggens die son te sien blink vergifins aan jou kwaad doener te gee n wrok nie te laat koester maak die […]
donkermaan
kop-onder-die-sand so staan mense ingepak soos vars kabeljou gevang wanneer die kabeljou loop vasgevang in ontkenning vreeslike dade om hul solank dit net nie hier gebeur nie so donker dat selfs skelms twyfel aan egtheid van situasie is hul prooi dom of is dit ‘n strik gestel om hulle te vang dan bars dit los […]
Kankergenesing
Groeiend die karsinome, teerend in jou lyf. Van tye baie oud op papirus neergeskryf. Kwaadaardige gewas, wat ongenooid kom broei. Krag lê in Yaweh Rapha wat uit Sy woord sal vloei. Knielend sal my lyf, smekend voor U buig. Ek weet dat ek weet dat ek weet, my siel sal weer kom juig. Met elke […]
Waardevermindering
Waardevermindering Ek sien jou diep versink in ‘n gat waarin jy jouself begrawe en waarin lig nie kan skyn ek wil my hand na jou toe uitstrek maar jou gebuigde hoof (nie in gebed) sien my nie raak nie en jou ore is doof gedruis deur die ewige swart golf van gebeure uit die verlede […]
Brose Baba
Denise kyk af na die klein wese wat op haar bors lê en slaap. Sy kan sy vinnige hartklop teen haar voel. Sy sluk swaar. Reën spat teen die venster en die stormwolke maak die vertrek donker. Skadu’s druk teen hulle. “Jy is so broos.” Sy vryf oor sy koppie. “Ek sal my bes doen […]
moeder
met eerste lig in my oë was sy maar daar haar donker oë flitsend oor my wakende oë wat alles sien sy was my moeder rein soos iemand wat moeder is kon wees geen taak te moeilik geen sonde te lelik liefde was sy liefde het sy gegee ingeplant in my gene in my gedagtes […]