Sterrebeeld SILWER
Sterrebeeld Jy sterrestrek dwarsoor my swarthartplek se donkernag En skitterskyn derduisend flonkerfyne stukkies prag Ek skilderskets daarmee ‘n hoopvolets in huiwering … Ons spikkelspoor dankbaar my hartverloor die heelal in. ©ASvdMerwe
Minjonet
Minjonet Kom in die aand en geniet die bos se geure soos ‘n naakfiguur met sy nagtelike gebeure tussen Nangka takke vol vrugte van blydskap drink ons met oëtaal van verliefdes aan mekaar se vonkelsap elke geluid neurie ‘n boodskap van die alwetende God nuanse van kleure in skemersongenot tussen-deur versnappering skink blye verrassing bederf […]
Dis ʼn wilsbesluit
(Silwer, 771 woorde) So saam met die besluit om te verhuis het mense se ongevraagde opinies ook ingestroom. Selfs om met voormalige Gautengers in die nuwe stad kennis te maak, is nie ontneem van waarskuwings en slegte voorspellings nie. Dit is nogal interessant om ander se menings oor enige vorm van verandering te hoor, en […]
Sonsit (Goud)
wat is nou so lekker soos ‘n sonsit in die son as die wit ryp die miere soos ‘n sneeustorm kom pla en ‘n fluitende vriesbriesie die koudgeid deur jou dra dan lok jy die son ‘n hoekie in wat die winterwind verskans en sit net daar en bak jou lyf soos ‘n dassie op […]
doekvoet se kind
– doekvoet se stappie kraam houvas aan jou lewe jong dalk word jy kos vir ou-jong daar tussen riete geraam – snags wei katte in sprong duik hulle suisend en jaag sag bekruip hul jou traag vroeg blaas dikkop sy long – in vuur is jou lewe vaag tragies verdring die mens tyd om dan […]
selfstandig
– ek hou van ‘n man wat sy man kan staan digters speel met woorde verplaas onvergeetbare gedagtes om vir dekades in enersdenkende breine te kan dien as norme vir die uitstaande wie sal (bly)staan as die vuur kom wie sal self-standig kan aanhou sonder aardse hulp of raad slegs met Hom as rots waarop […]
Ontsluit die poort na jou hart (Silwer)
O, beminde van my … ontsluit die poort na jou hart, lei my oor blaarbedekte voetpad weg van sinlose liefdesmart. Ontbos die toegerankte skanse, sodat jou oog weer opwaarts gly oopbars deur loofkruin, na hitte van die son. My versugting resoneer klankloos deur ons liefdestuin se windstiltes, slinger na vasklou om verdorde takke, waar my […]
soos grond
– bakstaan agter vier osse rooi met wye horings afrikaner-osse met krag vastrap seun, die son trek water draai kort daar net voor die boom van kort-draai na watertrog van inspan na uitspan dagbreek tot sononder ruik ek die grond in sooie se val reuke van lewendige grond – ©Teãrlach
November – 500 woorde
November – ’n warrelwindmaand aan die einde van die jaar. ’n Maand wat jou amper onverhoeds betrap, want hy voorspel Desember, vakansiemaand, krismis. As ’n mens aanvanklik aan November dink, is daar eintlik niks wat jou opgewonde maak nie. Ja, dis nog lente, maar nie meer ‘heerlike lente, die winter’s verby’ nie. Ook nie die […]
My seisoene se laslappieskombers
Laslappieskombers ek stap deur die oop deur en gaan lê op my liefdeslaslappieskombers nooi jou uit om saam die vier seisoene van my lewe te vind … kom lê op my liefdeslaslappieskombers kleurvol geborduur deur die vier seisoene van elke jaar wat hang aan die hemelmuur en pluk die somer blommetjies pienk en wit herfs […]