Windpomp Lewe
Vas geanker op pilare platvorm vir kop en stert twaalf voet rotor ses voet stert roerende ratkas helder water Waar lê jou anker mensekind het jy ‘n platvorm vir kop en stert nie eers ses voet lank en sonder stert dansende juigende mens van selfvermaak Rotor en lem beur, wind gedrewe rammelende ratte suig koper […]
Bottelskim
Ek wil jou in ‘n bottel bêre in die binnesee van my siel sodat ek eendag weer kan onthou hoe jy my hart laat klop het toe lig deur my vingers wou glip toe vryheid in my om my vlerkloos gefladder het toe my spore soos wasemwolke tussen sonverslaafdes verdwyn het want sonder dat jy […]
Vlerksang(silwer)
Bo die goueprieel het sy haar vlerksang gespeel, van brandende krete wat skor aan die vergete boorde van haar lyf. ©Morné du Preez
BOS BLOMME
Wanneer jy weer Paarl toe ry pluk vir my varkblomme langs die pad sodat ek op ‘n gepaste oomblik myself in die lente kan verloor en wanneer jy weer huistoe kom gee vir my jou ongetemde hart sodat ek ook soos jy kan asemhaal wanneer die dag haar ure oor my eb en vloed. Ja, […]
Karoo verlange (Goud)
ek wil in eenvoud lewe ek wil terug na die Karoo daar waar die son oor vriespunt opkom en die velde ook nog glo ek wil my kommer neerlê en op ‘n klipkoppie gaan sit waar die koggelmanders en akkedisse nog saam in sonsit bid ek wil weer stewig vashou aan my God se regterhand […]
karretjiemense van die Karoo
karretjiemense van die Karoo die voorheen vergete onsigbare volk rondtrekkende skaapskeerders soek skeerwerk: soms in stofwolk span uit daar langs die grootpad in oornagskuilings van sink en hout om môre maar weer die pad te vat na wie weet waar die pad hul lei op maat van kloppetie-klop klop in die Karoo sal jy hul […]
Groen vye nostalgie (Goud)
jy het my deur jou vyeboord se blare sien aankom jou hande het gebewe jy het vye begin afpluk rypes en groenes die skottel was persgroen gekleur jy het op die afgeplukte vye gehuil daar het vyeblare op die grond geval jy het gewonder waar ek was en jy was bly om my te sien […]
Vriende Silwer 725 woorde
My eerste dag by die skool. Die keer aan die ander kant van die lessenaar. Ek laat my oë stadig oor elkeen van die groepies geselsende dames gaan. Nie een doen eens die moeite om te kom groet nie. Dit pas my. Ek kry die kans om elkeen van hule afsonderlik te oordeel. Die kaf […]
Vryheid se verlange
Vryheid se verlange velde wyd en oop wil ek graag loop kaalvoet en vry ongekunsteld eg my oë ver kan lê op goudgeel kim se oneindig strek rus in oggend glim blomprag se nektar drink bye se goudgeel lyfies in blomme sien woeker stuifmeel bedek weg vlieg waterval diamant druppels sagte sproei teen my vel […]