Gister (Goud)
die wit hier langs ons slape lyk soos troppe spierwit skape wat weiding soek daar teen die berg se hang en ons dink hoe vry die lewe was in ‘n wêreld waarin almal pas toe die kinders nog die donker kon gaan vang nou’s daar ‘n diep donker verlede wat krap krap aan die hede […]
Huistoe
‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg aronskelke blom nie meer hier nie die blou lug hang in dik wit wolke aan die hemelruim se wange ek kyk oor die vallei Hadida’s steel die stiltes mense kom en gaan woelig party bly te lank ander slaap net oor en soms sterf iemand hier […]
Tikmasjien
Tikkie nogstalgie pak my beet Tik tik blaai, dit kan jy weet Geleer om tien vingers te gebruik Kombinasie oefen kon jy nie ontduik Korreksie ink mag jy nie misbruik Tik tik blaai hoe kan ek ooit vergeet Tik tak tik tak tik tak tik Met jou vingers moet jy mik Tik tak tik tak… […]
Grassade in die wind …
Ons is weldra grassade in die wind my kind … bring jou tassies gepak en sweef saam in onskuld … Maak wilde draaie in ‘n tolbos gooi jou worries in die sand … Plant vrede langs die pad sit vlinders in jou sak … Gooi jou hare in die wind jy laat my dink my […]
Wie sal my kan red? (goud)
Sal jy my kom haal wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis van pynskroeiende môrevrese terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad sal jy my in die middernagure kom red wanneer wakkerlê my vaspen teen die slotreël van my laaste droom en ek myself verban na niemandsland of moet ek eerder aan ‘n […]
Koste van ‘n wapenstilstand
ek het ‘n wapenstilstand in die uithoeke van jou oë beleef; toe ek verby die skermutseling kyk wat verward stoei in jou kop kon ek waarneem dat jy lanse breek en van nuwe psalms preek jy predik dat berge nie kan verrys as die aardbewings in stilte suis nie dat koringkorrels eers moet sterf voor […]
die reuk van mis (Silwer)
bome in die oggendmis-grou vergestalt onverwags húlle wat my vooruit gegaan het en ek wil vertoef en onthou ek wil teen stamme gaan sit siel-stil die skurfte en léwe voel toe-oog troos én heimwee uit gewyde boomfluisteringe put en dan vergenoeg verder gaan leef met die reuk van mis wat aan my kleef Neologismes: Oggendmis-grou: […]
In Ocean Basket (SILWER)
In Ocean Basket Sushi is vis. Dood en rou. So ook jy en my verlange na jou. Ek eet alleen aan die groen goed met die naam wat ek altyd vergeet. Dit slaan my asem weg en brand ‘n pad af in my keel: amper so intens as die seer om te weet dat ek […]
Skemer Drome
Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie onder ‘n groen druiweprieel met gekartelde potplante ‒ hier en daar vol Kalahari kaktusse en bonsai boompies een met ‘n borrelende fontein en die fyn geur van onsterflikheid een wat uitloop op ‘n gryspad tot onder ‘n Jakaranda boom waar […]