Tango met my
Tango met my oor die reëls van die liefde dans met my die genot van die hart. Tango met my oor jy my liefhet dans met my op die ritme van ons smart. Los als agter en kom dans met my Werp jou sorge tot die dansvloer van jou eer, Laat ek jou die tango […]
Ek skryf (weer) vir jou (2) …
wanneer die vroegaand skemer oor die Sondag kom hang dis die tyd wanneer ek altyd die meeste na jou verlang dit was die tyd wanneer ons stil net saam sou wees as jy lê met toe oë en ek gedigte vir jou lees en as die donker dan die skemer oorval sou ek jou sagkens […]
Ek mis jou (net soms)
My duim het die gewoonte om oor my ringvinger te streel onder aan die binnekant van my hand en my hart het die gewoonte om dan soms verras verbaas uitgeboul half hartseer te voel omdat dit nou kaal is … soms soos vandag jare later. © Anria (2016/02/03)
See se geur …
ek skep vir jou ‘n emmer vol van die see se geur dan stuur ek dit met spoedpos om jou dag in te kleur as jy die emmer geur kry en ruik hoe see-skoon dit is sal jy ook weet dat ek jou met elke asemhaling mis
‘n Oomblik vir altyd …
‘n oomblik vir altyd sekondes verby ‘n leeftyd se drome in stondes te kry dis hoe ek ons lewe met oomblikke heg want as ons weer kyk is alles dalk weg ‘n oomblik vir altyd is al wat ek vra dat jy my hart in joune ‘n oomblik vir altyd … sal dra ©
Strandlopertjie
tussen gebreekte tinsel wat oor seestrand spoel en ‘n gekraakte bloedrooi bal wat aan die horison hang het ‘k as verlore afvlerkstrandlopertjie oor korrelklip en fyn gebreekte skulp gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap hier het ek my sielsvrede in die ritme van jou hartklop kom vind waar jou liefhê oor my dartel […]
Jy het nie huis toe gekom …
verlate sit ek vanaand met my voete in die sand die branders hou my geselskap ‘n seester in my hand in die verte brand die liggies van ‘n deinende tjokkaboot van hier so klein en amper fyn mens sou nie sê dis 6-man groot deur my vingers loop korrels sand soos die tyd deur ‘n […]
SHOWVILLE
dis Showville in Bethulie en die hele dorp is daar op stoele netjies uitgepak – in rye – langs mekaar daar’s ‘n poet en ‘n sanger en drie rappers wat moet spook want die vyfman wat pantsula dans die houtvloer aan die rook maar buite in die kampkerkhof tussen graf van kind en vrou […]
Die vier seisoene storie.
Daar is vier strande in my hart. (Amper soos die spoke in daai cliché Kersfees-stories.) En as ek moet begin sal ek sal begin by die verlede my verlede op die warm strand met spierwit sand wat jou voete brand. Daar waar die water warm is en die bome skaars is. Die strand waar al […]