Lelie van Saron
lelie bedrup met môredou dormant was jy vir te lank in vergetelheid toegevou vasgevang weggesteek in jou eie bang verstik in barre aarde gefetus binne mure van jou binnekamer was jy van geen waarde verlang jy na iets beter het jy gewag gebid gesmeek tog geweet God sorg vir jou die reën kom verseker toe […]
Dis die rede
Dis die rede Meteens vee sy haar skaduwee oor die oog van die reënboog kaleidoskopiese kleure skeur deur haar; goudgeel saffier vou om haar sielswoud. Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans dag en nag baklei vir lewensprag verkennend deur die weg van goed en sleg net om te stol op die wolk van […]
Hoe doen jy dit?
Jy draai tyd om jou vingers – s-t-a-a-r na die blinkkant van my spore; in jou oseaan oë is ek vir ewig verlore s-a-g-g-i-e-s streel jou vingerpunte oor my hart jy fluister my winde wakker en staar weer na die naak-kant van my siel my hand styf in joune gee ek oor terwyl jou fluweel […]
Ek kom haal jou in Augustus
By Postberg, aan die Weskus digby Langebaan – dis waar madeliefies weer vanjaar so geil oor vlak en rante staan. En teen die duin’ – daar waar hul strandlangs hou – blom vaalblaar salies roes en blou langs die oranje, wit en geel geweef waaroor meeue op die winde sweef. Die blesbok en die eland […]
Godgegewe lewe
Die geringste een geseën my gebede verhoor ek uitverkore een ‘n stukkie ewigheid groei in my die wonder van Godgegewe lewe wat in my ‘n mens gestalte kry dankie Heer dat ek ‘n ma kan wees ek dra in my ‘n nuwe lewe ‘n kind van hoop van wat kan wees ek wil jou […]
‘n Psalm vir my ma
‘n Psalm vir my ma Ma, die woorde uit jou mond is altyd soet – soos die fynste suiker, soos heuning – elke gedagte uit jou hart. Al swerf ek oor die hele aarde heen, al sou ek elke huis en ruimte verken – nêrens sal ek jou gelyke vind nie. Want jy is soos […]
Korale van moederliefde
in die ooptes van die velde waar ribbokke vry kan wei tortel jou koesterwoorde teer deur die gange van my hart met die krag van geloof aan moedersknie geleer loop ek ‘n stormbende plat word my tafels met olie gesalf en Vrede bedrup my lewenspad meer suiwer as diepsee korale kosbaarder as perels, is die […]
gevlerkte gees
O Heer gee ons ‘n duif ‘n gevlerkte gees wat ons land kan deurkruis nie onreg en seer te rapporteer maar gulsige bekke te sluit gierige kloue te keer ‘n duif met ‘n olyftak ‘n gevlerkte gees wat ons een lied saam laat sing wat gaan sit op elke huis se dak wat ware vrede […]
Ses-en-veertig somers
Ses-en-veertig somers lank kon ek mamma se sonskyn smaak Deur ses-en-veertig winters my met warm liefde aangeraak Lente deuntjies vrolik het jy my hart laat sing Was die herfs ook al hóé olik het jy die mooi daaruit gebring. Die drie geslagte na jou het jy soos goud bewaar al was ek lankal self n […]