Die dieptes van ons liefde
Met die punte van my vingers trek ek jou lyne na Ons vergeet van alles om ons en die dinge wat ons pla. Jy raak aan my ontblote hart ‘wyl ons toe-oë staar na niks fluister warm woorde oor hoe gelukkig ons saam is. Met teerheid wat nét jy ken soen jy my – in […]
Gabriel se lied
Sy kyk hoe hy wegstap (die wind uit haar asem slaan) ‘n hele orkaan tonnel om hulle: grys verkleur na wít die heem’le gil sag terwyl Gabriel sy vingers oor ‘n harp streel. “Hoor my lied elke woord is uit suiwer goud gegiet.” Sy sien hoe haar hel transformeer toe hy, herlaas omdraai; lank na […]
In blye verwagting
Half deurskynend breek die dag onder ‘n sekelmaan wat sag lag gedagtes embrio in haar prenatale kop, ongebore woode vlek haar denke — (egalig en rasionaal) drup deur haar doudagdrome dis hier waar haar stiltes vrede baar; eggo’s nalaat wat realiteite vol asem blaas, want met Sy genade kan sy leef streef selfs tot by […]
Tuin van die gode
in Namibsland se halfwoestyn daar naby Keetmanshoop waar die groenigheid maar skaars is en riviere selde loop waar groot klippe opmekaar lê gestapel deur ‘n hoër hand en delwers reeds millennia al soek na die blinkste diamant staan menig eeu-oud aalwyn steeds dáár deur gode in ‘n tuin gelos om skroomloos – tussen reuse rotse […]
Wederkoms .
ek kom weer as dit lente in jou Kaap is op ‘n dag wat dit sag oor wingerd reën en ‘n koor van duisende oggendvoëls jou nuwe dag met môrelied’re seën wanneer Karoobos ‘n bietjie minder vaal is en jou Tankwa haar kleureskouspel kry die wagter sy skape bymekaar maak en hul weer na stille […]
‘n (on)waarskynlikheid
Soms sal ek op strande loop, oor rotse klouter en op klippe trap, met ‘n stokkie in vlak waterpoele krap. Dalk vind ek daar ‘n klipvissie – deur ebgety gelaat. Maar eintlik soek ek net na die sterre van die see, wat sonder skyn – in onderdompeling – my immer tot verwond’ring bring. * Miskien […]
Lied van die wind
Sal jy vir my ‘n lied kan sing, wind noudat my stem stilte soek sodat ek woorde kan vermenigvuldig (omdat) bloed deur my are druis (want) die lewe is soos ‘n lied wat vasgroei aan tyd om warm klanke teen die heelal te hang (sodat) ons ook kan sing oor a l l e s […]
Geskenk van God
Want my lewe het in haar siel ontwaak (God se offerlam aan elke kind) sy het my gelei, geleer gesond gemaak vir my geveg, gebloei en gehuil op die ritme van haar liefde dans ek deur my bestaan my erfenis in my bloed ‘n eenheid wat kind sal ken en geen eggo kan ontken haar […]
Intieme evangelie
waar ons liefde [’n] naelstring groei fetus ek getralie in jou ribbes lê ek vasgegroei in jou hemel geanker in jou siel hoor jy die knetter in my vuur sien jy die bosbrand in my woed daar waar my asem in karmosyn oor my lippe gloed smeulend kool die liefdesvuur in hierdie een-word-uur as winterys […]
Heilige ibis*
Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – dáár waar […]