donkermaan
kop-onder-die-sand so staan mense ingepak soos vars kabeljou gevang wanneer die kabeljou loop vasgevang in ontkenning vreeslike dade om hul solank dit net nie hier gebeur nie so donker dat selfs skelms twyfel aan egtheid van situasie is hul prooi dom of is dit ‘n strik gestel om hulle te vang dan bars dit los […]
Resensie: Die film DIE HELE KLAS SWYG
Resensie: Die film DIE HELE KLAS SWYGResensie: Die film DIE HELE KLAS SWYGResensie: Die film DIE HELE KLAS SWYG Die film: Die hele klas swyg Nog altyd is in Duitsland die beheersing van die verlede ‘n magtige tema in die kuns. As ‘n film eers in die rigting van ‘n Oscar wil skeel, moet hy […]
Strandgedagtes
Soms sit jý lank op die strand met jou tone diep in die seesand waar heel branders breek – tussen wolke, die son en ‘n perfekte horison. Jy haatlief ‘n wêreld wat mensvolmaak aan niemandslippe hang, en vra jouself af: “Wat het van jóú geword?” Jy sien hoe die vrees van leegwees skuimend oor ‘n […]
Vroegoggend
Die strate baljaar in afwagting veraf huil ‘n honger hond vanoggend se koerant met gister se nuus val sag op die vars gras saam met dertig nuwe lyke in Syria; want hier word alles mos verewig in woorde wat wakend om ons hang soos die werke van Shakespeare en David omdat almal alewig na die […]
Jou grootste vyand is jy, ja jy jouself!
Soms in jou noue ontkomminge baljaar jou tekortkomminge in die aangesig van jou vyand en staar jou vierkantig in die oë want wat’s die doel in verdeeldheid as jy nie kan omsien na jou stryd nie selfs die woorde kan uiter wat jou ingewande doelbewus vreet bitter trane wat vry val na stof bewende hande […]
horison
effens skuins lê hy elke asemstoot ‘n roggel net geraamte van wie hy was vier en trotse regop mens integriteit onbuigbaar swart gordyn haal hom in stadig skuif dit oor sy gelaat dan flikker sy oë weer verby is dit nog nie veg het hy van kindsbeen af veg tot in die laaste loopgraaf veg […]
TERRORISME
TERRORISME OOR DIE HELE WÊRELD [Hierdie stuk is al vyftien jare oud, maar dis grotendeels netso aktueel soos destyds. Ons moet net ‘n paar name uitruil – en dis vris en nuut: Trump in stede van Bush en May pleks Blair en die aantal jare verander. Of hoe? Buitendien het ek nog ‘n stukkie agteraan […]
Dooie drome
Elkeen van ons (ek en jy) was eens albei net van jou, want mense soos jy dans deurnag saam die duiwel rond, en vir my om wakker te lê in ‘n hol hart wat my met elke klop belieg is die doodste droom wat ‘n siel kan droom. Misien was jý ook al daar lank […]
die mot
‘n swart mot het in my ontwaak uit die nat van geboorte om ‘n boodskap te bring van P Y N wat vuurwarm wit skroeiend swart brand deur my hart van T W Y F E L en V R E E S oor wat mag wees ‘n stomp mes wat kerf deur senuweedraad draad-vir-draad […]