KRONKELPAD
Haar lyf is sy kronkelpad; ’n reis oor ronde kurwes, gladde rante en heuwels. Vyf perde galop op die kruin van ’n knopperige berg. ’n Veer se kielie in haar nek – tot sy palm streelsag afdraand gly en prikkelend glip oor twee sandduine. ’n Liefkoos-oomblik toe hy ferm teen die wal afbeweeg, haar voete […]
Voete van klei
toe blyk jou voete ook maar mortel te wees jou tong vulkanies ‘n sluimerende spioen wat met geringste konkussie vurig lawa stook wonde skroei wat oor weerlose sielsletsels kors ©Driekie Grobler (2020)
Die oproep
(927 Woorde) Ek skrik van die skielike gelui, dat ek die koppie lou tee omstamp en ‘n klein ramp oor my papierwerk veroorsaak. Dit neem my enkele oomblikke om die klank te identifiseer. Die meganiese gelui van die ou landlyn telefoon. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek die geluid gehoor het nie. Niemand […]
Oestyd na droogte (goud)
Het ek my verbeel of het jou kruiphand my middel omsingel — jy my lyf lankenlangs nader getrek tot duskant jou horisongrens diep verby jou ongetemde binnewand het ek my verbeel of het jou woorde te swaar geraak tussen die veldblomme wat jy in hierdie ontspoorde oestyd so gereeld in my vlegsel druk terwyl ek […]
Storietyd: Die parkbankie
Hersiende storie Nie alles in die lewe het ‘n storie nie. Nie die teesakkie wat jy uitvis uit ‘n skoenboks of die vergete, duidelik gebruikte sleutel nie. Haarknippe, sommige gevlek deur tyd, ou armbande: nou verrek en oudmodies. Lappies wat duidelik al lankal in die snippermandjie moes afgetree het, verskuil tussen ou handdoeke. Alles vind […]
Domein
storms in die lewe laat my blindelings rondtas wanneer als uitrafel en leed my siel belas dan kleim ek my domein perk my grense in roep hulpsoekend na bo vir uitkoms vir ʼn nuwe begin ©Driekie Grobler (2020)
Kras in die ore
O Almagtige God my hart bloei soos ñ huilende druiwestok ñ Jong plaasboer met sy soldate-aanleg se liggaam oortrek met rowe, kneusplekke blou vlekke en snywonde wanneer jy in sy pienk griepoë kyk sien jy sy blink linkeroog het in die oogholte ingedop plaasboere skree tog bly hul soebatte buite stembereik. (Brons)
Die Groot honger
Nog ‘n dag. Soos gister en die dag voor dit, is dit die honger waarvan ek eerste bewus word. Altyd honger. Daar is nooit iets anders nie. Die gevoel van die onbevredigde behoefte in my maag. Hulle sê die oorlog is verby en Hitler is dood. Maar die oorlog gaan vir jare nog aanhou. Dalk […]