HAAR BREINGEWAS GAAN GRYS IN MEI – asook in Vrouemaand
HAAR BREINGEWAS GAAN GRYS IN MEI (Brons) (Artikel gepubliseer – Maroela Media & Republikein. Vir vrouemaand is sy weereens die perfekte heldin.) Dit was die begin van die einde van ’n lewe soos sy dit geken het. Met Sylvia Lewis, née Faber (toe 31jaar oud) se eerste konvulsie het sy nog nie geweet wat die […]
Vrees vir vrees
(2293 Woorde) Franklin D. Roosevelt het mos gesê mens hoef niks meer te vrees as vrees self nie. Maar dit is absolute snert. Die werklikheid is daar is geen vrees so kragtig soos die vrees vir die onbekende nie. En as jy mooi daaroor dink, is die enigste onbekende aan die einde van die dag, […]
Gekwes
hoog en vry gevlieg gesweef en luggolwe gery in sagte weiding genotvol neergevly maar toe … onverwags die harde knal ‘n tongskoot wat neerfel bebloed bly lê met oë stofbesmeer ondenkbaar die pyn wat wil besweer willoos oorgegee gekwes en mank gemoed fladderend, onmagtig om weer rigting te vind met moeite op te lig hinkend […]
METAMORFLOOS (goud)
môre stap ons weer oor ‘n onbekende pad saam met bekende vreemdelinge verby ongedefinieerde oomblike deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke en luister na ongehoorde klanke saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers en probeer meerdimensioneel wees in die illusie van ons bestaan asof ons grense met gemak kon gister asof ek […]
Binnedisse
sag sluip dit deur jou are jaar na jaar dieselfde bloed in dieselfde mense met ‘n hartklop, ‘n asem en duisende drentelente gedagtes buite buig almal al te graag saam jy verduidelik hoekom dieselfde mens nou so anders lyk maar jou hart ruk nog ‘n binne-ding uit ‘n lyk en ‘n paar skerwe jy staar […]
Tonnel van vrees
Klanke eggo woordloos deur onrus skadu’s mense skarrel in nood na ‘n stukkie brood bebloede plaas aanvalle, vreesaanjaend deur die donker nag hoe maak dit sin? hoe kan mens hierdie wraak oorwin? Smeek vir nog ‘n kans die reuk van dood die angs, die pyn die roep om hulp! Dit maak mens bang uithou aanhou […]
EK IS – (goud)
Ek is die seemeeu; speels in die wind ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg en soms is ek die klank van jou stem ek is die aand saam met jou onder die palms toe ons nog kon lag en borrelhartig baljaar maar vanaand is ek die stilte in jou gister se […]
Vrybuiter
My kind, jou hands ruik íena groen sambreelboomblare daar’s baard op jou are en vuurhoutjies in jou hare Ma, hy’t eers fyn tabakblare met sy dik vingers afgestroop stadig sy handgerolde zol gerook en daarna met sy swart selotape my rooi lipstiffie gespoil hy’t my niks betaal vir my sexual toil.
Ongeluk Sekondes
die rou krag ontsluit swart energie in sinkroniseerde ontploffings wat brul uit agt staal gatte dryf wringkrag verby ewewig in dode swaai kolk. oë stok stil in die oomblik van geen beheer gewig lê in maag terwyl alles gewigteloos tol rondom ń staal hok met lig wat in splinters breek. alles ontplof plastiek bars, skiet, […]