Die uil en die skoppensboer
Deborah het voor al die ander inwoners geweet dat daar dié aand weer ‘n uil op pad is. ‘n Mens se lewe bestaan tog net uit twee tye: voor die uile kom en ná hulle gekom het. Party se uile is altyd naby en sweef geruisloos saam met hulle deur die leed van die lewe […]
Verlange wat bloei
Volmaan, liewe volmaan jy seil so langsaam deur die awendwolke heen soos ‘n groot verlore bal alleen Plek-plek soos die wolke trek splinter die lig sag deur die bleekwit stilte van die nag Waggel…steier drome verstrooid oor die grond en lӗ nes dooie blare oral rond
Sy
Ek het van my twintigs af, ʼn prentjie in my kop gekry, toe ek vrouwees en God beter probeer verstaan. Noukeurig het God sy tyd gebruik toe hy Adam geskape het. Adam is met kundigheid beplan, tot perfeksie afgerond en in liefde geskape. Hy het hom so gekyk…die man…en die diere en al Sy skeppings, […]
Hi Ingrid
Hi Ingrid Ek wonder baie of jy bang was vir die pikswart see, daai nag. Ek wonder baie of jy koud was en wou omdraai terug na jou.. woorde toe. Ek wonder of jy agter gekom het dat jou trane dieselfde proe as die salpeter van die pikswart see. Ek wonder hoe seer jou binneste […]
Sielmaats
Sielmaats Toe ons oë die eerste keer ontmoet het die dowwe sluier oor my geheue gelig, en ek het geweet – ek ken jou, al ken ek jou nie. Jou glimlag was my hele lewe ‘n deel van my eie glimlag, Die dimpel op jou wang sluimerend in my gedagtes, Jou stem die wind se […]
Jentoe
Met skemerdaal het sy verwagtingloos uit onrussluimering haar losgeskeur, haarself in skamel klere uitgedos; gestremd met siel en liggaam sondevoos haar buurt se stegies op en af gesleur met haar gewete veilig tuis gelos. Maar toe die rooidag op die Oosterkim die vliesig wolkies liggies koper kleur het sy haar vodgordyntjies toegetrek, (steeds skamelkledig!) in […]
‘n Bankie met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley Ek sit vandag weer op ‘n bankie in die Waterberg se hart – heel bo – by die uitkykpunt, Lenong. Die son vlam teen my rug en oor Kransberg se hang. Die heuwels en valleie hou nooit op. Die pad tot hier kronkelvleg deur varings, boom en gras. Proteabos staan immervaal tot onder […]
Mossie Maar Man
Mossie Maar Man. Ek lees die gedigte bydraes en besef hoe wel ter tale die meeste is— Hulle byvoeglike naamwoorde is so veelkleurig en pronk sierlik soos ‘n pou se pragtige oopgespreide stertvere en skielik voel ek so ‘n vaal ou voëltjie met my beskeie getjirp oorskadu deur hul welluidende woordklanke maar ek ruk my […]
Onbekende God
Pappa, as ek God nie ken nie bid ek dan by jóú voet; versug ek hiér, waar die straf ongespaar behoort te bly? (want) die blaaie wat Moeder stil hou en die moffies dood, sê vir j-o-u só. As ek nie verstaan nie hoe die Urim en Tumim beide ja én nee vir liefde en […]
Murmel woorde
Deur ‘n doringdraad kruip ‘n pers blom wat barslip hunker na tye wat was Ryp lӗ die vrug en aar oor die milde land hoe verstaan ‘n ou man die pyn wanneer lewe in sy kop verdwyn? Hoe gryp krom hande na voetspore wat doelloos in die wind lӗ? Die reӫngrou duiwe wat patrone flits […]