EK VERLOOR
EK VERLOOR (Brons afdeling) Wanneer niks wat ek was meer is wat ek dink nie en dit wat ek dink net nooit meer reg klink nie wanneer frases en woorde eens melodieë was maar nou afkolk in spirale van sin(ne)lose verhale en ek kop verloor dat die trane rol en niemand besef ek raak innerlik […]
geknegde volk
deur Sy hand is ons hier Hy het ons voorvaders behoed Sy Woord was vir hulle die wet stadig maar seker het ons verrot alles van Hom saam met ons norme by ons huise, kerke en skole uitgegooi ons is mos ingeligte verligte wêreldlinge ons stuur selfs ruimte tuie na ander planete ons kloon selfs […]
bietjie is genoeg (brons)
bietjie is genoeg ek stap vandag weer op die tweespoorpad wat my tot by die westelike grens sal vat en ek hoor stilte so ver as wat die oor kan loop op hierdie plato wat jou van hoogmoed stroop ek voel die felheid van die son wat ongenadig skyn soos hy vog opslurp wat plant […]
alleen maar net digter
spitsvondig is sy woorde dit vlei die wat gevlei wil word dit paai die wat kwaad wil wees ook aan die wat verhewe voel woorde wat hul wil hoor – mooi is sy spraaksaamheid glansryk die toejuiging daaroor met elke mooi wens glinster hy sy hart vind baat by die sukses vertroos in sy eensaamheid […]
kleur my in
kleur my in jy gaan my rigting stap met my gesprekke kerf die afstand korter ek swerf in die vryheid van jou stem skugter glimlag en oë onbedug die vorm van jou mond laat my beloftes maak met jou satynlag wil ek beter wees wat laat jou verwonderd staan as ek my hartseer vir jou […]
druiwestok
– hierdie wêreld is familie-vyandig haat en nyd tussen lede van dieselfde familie daarom die wrywing en ongelukkige verhoudings die lote van die druiweplant groei al hoe meer wild meer en meer vergroeide knoetse verskyn op die stam die omgewing al hoe meer vyandig gesind en giftig as die goeie Tuinier nie betyds kom snoei […]
dit is … OKTOBERMAAND! (SILWER)
dit is … OKTOBERMAAND! dit is Oktobermaand! die mooiste maand van die jaar is hier; kom ons vat die pad om kaalvoet deur die maand te stap wanneer Oktober ontplof in kleursensasie “Ek groet jou, o mooiste maand, ek wil jou skoonheid besing – kolkende pers trosse blom hang in nuanses van violet ek raak […]
klatergoud
klatergoud van vroeg droom ek van roem en sukses oorsee om my stempel te gaan afdruk in Los Angeles alles opgepak en afgehandel pak ons die reis aan opgewonde, vol verwagting oor die nuwe lewe oudisies en blink toekoms wink sommer gou kontrak word geteken en hoofrol word toegeken rooi tapyt, flitsende ligte en foto’s […]
‘n Sambreel
– met hoekoms en waaroms bedek twyfel soms my sekerheid my siel reik na geloof sekerheid dring in my en rig my denke – die sambreel van onsekerheid bedek my vrolikheid met grysheid grysheid wat ouderdom beweer asof tyd my lewe kan beheer – in ons lewens is tyd oorbodig geskiedenis het dit kom vervang […]
Nét genade
eers véél later sou ek weet dat net soos wildeblomsade in kliphard gekompakteerde grond dormant, stom lê en wag dat somerreën sal kom ook in ‘n leeggebloeide mensehart ‘n Boesmanland na droogte weer reserweloos sal blom ©️Elize Kruger 1 Oktober 2022