Afrika Kreet
Donkerman,
vandag het sy kleed om ons gevou
soos ‘n maan wat verduisterd agter ‘n son baljaar
tot die melkweg sy skitterblink laat straal
en ons soos motte na die liggies staar,
deur ‘n heelal vol klankende golwe –
behalwe vir die kleingeestiges
wat dink die Kaap is weer Hollands.
Ja, wanneer môre se dou
sag op die groenstes van ons kom lê
totdat hul in wit ryp versneeu
en gister se skemerkleed
vergete oor ons plat berg se wange hang.
Dán eers sal ons na jou luister, Donkerman;
wat lig aan ons wêreld wou gee,
en ons sal witbrood eet
en soetwyn sluk
en wonder, en wonder
hoeveel keer ‘n mens
homself kan verloën
voor hy sal kniel en erken
sy goue kalf
was nog nooit gesalf.
© Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.