Dagbreek
vanoggend toe die dag om my breek
wou ek my hande na jou toe uitsteek
maar daar was nog dou aan my drome
en nanag asems wat fluister deur die bome
ek het my kop weer diep onder die kussing ingedruk
voor die eerste sonstrale my kon insluk
ja, vanoggend toe die dag om my breek
was jy kwansuis besig om die donker weg te steek
© 2019 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
2 Kommentare
-

Kiekies
Ah dis pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek